Amushelelo bates kwyt weens bedrogklagte

Nóg ’n terugslag vir ‘die mense se generaal’
Sy voertuie wat aan die staat verbeurd verklaar is, sluit 'n Mercedes-Benz AMG E63S, 'n Mercedes-Benz AMG A45, 'n Range Rover Sport 5.0 V8, 'n Audi Q3, 'n Audi A4 and twee BMW's in.
Kristien Kruger
“Dit lyk vir my dat die blote ontkennings deur die respondent [Amushelelo] in die lig van duidelike en soms oortuigende bewerings deur die applikant [Imalwa], nie voldoende is nie.”

Só het regter Thomas Masuku Vrydag in sy uitspraak gesê in die aanklaer-generaal, Martha Imalwa se aansoek dat Michael Amushelelo, wat na homself as “die mense se generaal” verwys, se bates aan die staat verbeur moet word.

Imalwa het aangevoer dat die bates – wat bestaan uit sewe luukse voertuie en geld in 13 bankrekening – aan die staat verbeurd verklaar moet word omdat die geld glo uit onwettige aktiwiteite gegenereer is.

Die onwettige aktiwiteite hou verband met beweerde bedrog, geldwassery, rampokkery en belastingontduiking.

Afgesien van hierdie aansoek wat Imalwa ingevolge die wet op die voorkoming van georganiseerde misdaad (Poca) gebring het, is Amushelelo en sy sakevennoot, Gregory Cloete, in ’n strafregtelike verhoor gewikkel in verband met die beweerde bedrogskema wat hulle glo in 2018 en 2019 bedryf het.

BEWEERDE BEDROG

“Imalwa beweer dat Amushelelo valse voorstellings gemaak het om lede van die publiek te mislei om hul swaarverdiende geld aan hom te betaal op die valse voorwendsel dat hulle gunstige rente op hul beleggings in die buitelandse valutamark sal ontvang,” lui die hofuitspraak.

Amushelelo het glo deur Project One Million lede van die publiek aangemoedig om geld in Global Growth en/of Amushe International te belê wat hy dan in die buitelandse valutamark sou herbelê.

Amushelelo het na bewering sy sosialemediaprofiele gebruik om lede van die publiek te laat glo dat sy weelderige leefstyl deur beleggings op die buitelandse valutamark (Forex) gefinansier is.

“Op grond van hierdie wanvoorstellings het hy en sy entiteite miljoene Namibiese dollars ontvang en nie die geld in die buitelandse valutamark herbelê nie.

“Die geld wat aan beleggers terugbetaal is, het bestaan ​​uit die geld wat deur ander lede van die publiek as beleggings betaal is. Dit beteken dat sy latere beleggers se geld gebruik is om die vroeëre beleggers te betaal.”

Sy het verder beweer dat die voertuie – bestaande uit ’n Mercedes-Benz AMG E63S, ’n Mercedes-Benz AMG A45, ’n Range Rover Sport 5.0 V8, ’n Audi Q3, ’n Audi A4 and twee BMW’s – en die geld (sowat N$13 miljoen) wat by die aansoek ingesluit is, met dié geld gekoop en gebruik is om Amushelelo se leefstyl te handhaaf ten koste van die individue wat geld by hom belê het.

GLO N$80 MILJOEN ONTVANG

Dit het tydens die hofaansoek aan die lig gekom dat Amushelelo sowat N$87 miljoen in sy bankrekeninge ontvang het. Sowat N$65 miljoen is glo aan beleggers uitbetaal.

In Julie 2020 het Amushelelo en sy verskeie entiteite na bewering 'n gesamentlike positiewe saldo van N$13,2 miljoen gehad, maar om die bedrogspul vol te hou was ’n bedrag van ongeveer N$130 miljoen nodig om sy beleggers met die beloofte 50%-rente terug te betaal.

Boonop het Imalwa aangevoer dat Amushelelo oor die jare nie sy inkomste by die ontvanger van inkomste verklaar het nie en daarom inkomstebelasting van sowat N$15,2 miljoen verskuldig is.

‘BLOTE ONTKENNINGS’

Amushelelo het aangevoer dat die aanvanklike bevel vir die beslaglegging en bevriesing van die betrokke bates teenstrydig met ’n hofbevel verkry is en dat die aansoek om die verbeuring van bates op grond daarvan van die hand gewys moet word.

Masuku het dié bewering van die hand gewys. In sy uitspraak het die regter daarop gewys dat Amushelelo bloot die aantygings teen hom ontken en aangevoer het dat Imalwa geen bewyse het van die beweerde misdrywe nie.

“Ek [Masuku] is van mening dat die respondente, in plaas daarvan om merkbaar hierdie bewering teen te staan, bloot ontkennings aangeteken het.

“Die applikant [Imalwa] het na my mening nie bloot bewerings gemaak nie, maar haar verklarings was gebaseer op inligting wat saam met ondersteunende dokumente voor die hof geplaas is nie,” het Masuku in sy uitspraak gesê.

SKULDIG OF ONSKULDIG?

Masuku het in sy uitspraak daarop gewys dat Imalwa en haar regspan nie in hierdie aansoek hoef te bewys dat Amushelelo skuldig is aan al die aanklagte teen hom nie, maar moes bewys dat hy op ’n oorwig van waarskynlikhede ten minste een van die misdrywe gepleeg het.

“Bewys op ’n oorwig van waarskynlikhede beteken dat die party wat dit moet probeer bewys, die hof moet oortuig dat hul bewering waarskynlik waar is. Dit beteken die regter moet tevrede wees dat daar 'n groter as 50% kans is dat die bewerings waar is,” het Masuku in sy uitspraak verduidelik.

“Die hof is op ’n oorwig van waarskynlikhede tevrede dat die eiendomme deel was van ’n misdryf of opbrengs van onwettige aktiwiteite,” het hy in sy uitspraak gesê voor hy die hofbevel uitgereik het.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-09-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Leganés 0 vs 2 Athletic Club | Real Betis 2 vs 1 Getafe | Mallorca 1 vs 0 Real Sociedad | Rayo Vallecano 3 vs 1 Osasuna SerieA: SS Lazio 2 vs 1 Hellas Verona | Parma 2 vs 3 Udinese Katima Mulilo: 19° | 40° Rundu: 20° | 39° Eenhana: 17° | 37° Oshakati: 17° | 35° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 21° | 34° Otjiwarongo: 14° | 33° Omaruru: 13° | 33° Windhoek: 12° | 29° Gobabis: 10° | 29° Henties Bay: 10° | 16° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 05:02, High tide: 11:41, Low Tide: 18:01, High tide: 00:18 Swakopmund: 11° | 13° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 05:00, High tide: 11:39, Low Tide: 17:59, High tide: 00:16 Walvis Bay: 10° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: S, Low tide: 05:00, High tide: 11:38, Low Tide: 17:59, High tide: 00:15 Rehoboth: 8° | 27° Mariental: 10° | 25° Keetmanshoop: 8° | 22° Aranos: 8° | 26° Lüderitz: 10° | 34° Ariamsvlei: 8° | 21° Oranjemund: 9° | 27° Luanda: 21° | 23° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 17° | 37° Mbabane: 8° | 10° Maseru: 4° | 11° Antananarivo: 12° | 29° Lilongwe: 21° | 32° Maputo: 16° | 19° Windhoek: 12° | 29° Cape Town: 12° | 19° Durban: 12° | 17° Johannesburg: 8° | 18° Dar es Salaam: 23° | 28° Lusaka: 23° | 36° Harare: 19° | 32° Currency: GBP to NAD 23.2 | EUR to NAD 19.53 | CNY to NAD 2.47 | USD to NAD 17.43 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.21 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 131.81 | USD to AOA 926.84 | USD to BWP 13.21 | USD to EGP 48.48 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1593.37 | USD to ZAR 17.53 | USD to ZMW 26.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1838.95 Up +1.41% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14184.33 Up +0.68% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30937.69 Up +1.96% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9651.25 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 586.91/OZ UP +1.07% | Copper US$ 4.32/lb UP +1.82% | Zinc US$ 2 955.80/T UP 0.43% | Brent Crude Oil US$ 74.82/BBP UP +2.49% | Platinum US$ 984.26/OZ UP +1.72% Sport results: LaLiga: Leganés 0 vs 2 Athletic Club | Real Betis 2 vs 1 Getafe | Mallorca 1 vs 0 Real Sociedad | Rayo Vallecano 3 vs 1 Osasuna SerieA: SS Lazio 2 vs 1 Hellas Verona | Parma 2 vs 3 Udinese Weather: Katima Mulilo: 19° | 40° Rundu: 20° | 39° Eenhana: 17° | 37° Oshakati: 17° | 35° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 21° | 34° Otjiwarongo: 14° | 33° Omaruru: 13° | 33° Windhoek: 12° | 29° Gobabis: 10° | 29° Henties Bay: 10° | 16° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 05:02, High tide: 11:41, Low Tide: 18:01, High tide: 00:18 Swakopmund: 11° | 13° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 05:00, High tide: 11:39, Low Tide: 17:59, High tide: 00:16 Walvis Bay: 10° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: S, Low tide: 05:00, High tide: 11:38, Low Tide: 17:59, High tide: 00:15 Rehoboth: 8° | 27° Mariental: 10° | 25° Keetmanshoop: 8° | 22° Aranos: 8° | 26° Lüderitz: 10° | 34° Ariamsvlei: 8° | 21° Oranjemund: 9° | 27° Luanda: 21° | 23° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 17° | 37° Mbabane: 8° | 10° Maseru: 4° | 11° Antananarivo: 12° | 29° Lilongwe: 21° | 32° Maputo: 16° | 19° Windhoek: 12° | 29° Cape Town: 12° | 19° Durban: 12° | 17° Johannesburg: 8° | 18° Dar es Salaam: 23° | 28° Lusaka: 23° | 36° Harare: 19° | 32° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.2 | EUR to NAD 19.53 | CNY to NAD 2.47 | USD to NAD 17.43 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.21 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 131.81 | USD to AOA 926.84 | USD to BWP 13.21 | USD to EGP 48.48 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1593.37 | USD to ZAR 17.53 | USD to ZMW 26.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1838.95 Up +1.41% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14184.33 Up +0.68% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30937.69 Up +1.96% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9651.25 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 586.91/OZ UP +1.07% | Copper US$ 4.32/lb UP +1.82% | Zinc US$ 2 955.80/T UP 0.43% | Brent Crude Oil US$ 74.82/BBP UP +2.49% | Platinum US$ 984.26/OZ UP +1.72%