Amushelelo met N$5 000 beboet
Annemarie du Toit en Chris Kaukemua – “Hierdie vonnis dien as ’n duidelike boodskap aan jou en die samelewing dat die howe te alle tye gerespekteer moet word.”
Só het hoërhofregter Anne-Dorris Hans-Kaumbi gister gesê toe sy die aktivis Michael Amushelelo (34) ’n boete van N$5 000 opgelê het nadat hy skuldig bevind is aan die verontagsaming van ’n hofbevel.
In die geval dat hy versuim om die boete te betaal, sal Amushelelo ses maande tronkstraf uitdien. Hy het ook ’n opgeskorte vonnis van ses maande ontvang, op voorwaarde dat hy nie binne die volgende twee jaar weer aan minagting van die hof skuldig bevind word nie.
Hans-Kaumbi het in haar uitspraak gesê die hoofdoel van minagtingverrigtinge is om die reputasie en orde van die hof te handhaaf.
“Geregtelike onafhanklikheid verseker dat regters besluite neem wat uitsluitlik op die wet en feite gebaseer is, vry van eksterne druk, insluitend dié van die regering of die openbare mening,” het sy bygevoeg.
VERSAGTENDE OMSTANDIGHEDE
Tydens sy vonnisversagting het Amushelelo, wat homself verteenwoordig het, Hans-Kaumbi ingelig dat hy tans werkloos is.
Hy het bygevoeg hy het ’n negejarige dogter wie se skoolgeld hy deur skenkings betaal, asook ouers wat finansieel en vir leiding op hom staatmaak.
“Ek is ’n liefdadigheidsaak, ek leef van barmhartige Samaritane se skenkings.”
Amushelelo het daarna die hof versoek om hom tot 48 uur in aanhouding of ’n boete van N$ 300 te vonnis, met inagneming van die tyd wat hy in aanhouding deurgebring het tot die punt van vonnisoplegging.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie