Amushelelo, Nauyoma eis N$10 miljoen van staat
'Arbitrêre aanhouding'
Die twee mans beweer hulle is in Maart verlede jaar sonder wettige en regverdige gronde in hegtenis geneem tydens 'n betoging in Windhoek.
Die twee aktiviste, Michael Amushelelo en Dimbulukeni Nauyoma, eis altesaam N$10 miljoen van die staat vir beweerde onregmatige arrestasie en aanhouding. Dit hou verband met dié twee se inhegtenisname in Maart verlede jaar tydens ’n betoging in die hoofstad. Amushelelo en Nauyoma beweer hulle is in Maart 2023 in Windhoek “verkeerdelik en onwettig” in hegtenis geneem deur lede van die Namibiese polisie.
Hulle is gevolglik aangekla van openbare wanorde, die opsetlike beskadiging van eiendom, die oortreding van 'n hofbevel en die oortreding van die wet op oproerige byeenkomste. In hul besonderhede van eis wat by die hoërhof in Windhoek ingedien is, beweer al twee mans dat daar geen redelike vermoede of waarskynlike oorsaak was dat hulle die misdrywe gepleeg het nie.
Ná hul inhegtenisname is die mans aangehou by die Seeis-polisiekantoor en later oorgeplaas na Windhoek Sentrale Gevangenis. Hulle is egter op 12 Oktober ontslaan en kwytgeskeld van die klagte teen hulle ingevolge artikel 174 van die strafproseswet.
SKADEVERGOEDING
Amushelelo is borgtog geweier en was sewe maande in aanhouding – vanaf 21 Maart 2023 tot 14 Oktober 2023. Hy beweer sy aanhouding was sonder wettige en regverdige gronde.
“Tydens sy aanhouding is [Amushelelo] behandel asof hy 'n gevaar vir die samelewing was en is op 'n stadium aan alleenaanhouding onderwerp vir ’n tydperk van een maand,” lui die besonderhede van die eis.
Amushelelo eis skadevergoeding vir die beweerde arbitrêre aanhouding, kwaadwillige vervolging en die onmenslike en vernederende behandeling wat hy glo moes verduur. Hy meen dit het sy grondwetlike reg teen arbitrêre arrestasie en aanhouding, sy reg tot persoonlike vryheid en menslike waardigheid geskend. Boonop meen hy dat dit skade aan sy reputasie en goeie naam berokken het.
Hy eis N$4 miljoen is vir die beweerde fisiese, sielkundige en emosionale pyn en trauma wat hy ervaar het. Hy eis ook ’n bykomende N$2 miljoen is vir die beweerde skending van sy reg op privaatheid, waardigheid en reputasie.
Nauyoma, wat slegs twee weke in aanhouding was voordat hy op 3 April 2023 borgtog toegestaan is, eis N$4 miljoen in skadevergoeding.
Die saak is gebring teen die ministerie van binnelandse sake, immigrasie, veiligheid en sekuriteit, die inspekteur-generaal van die Namibiese polisie en die aanklaer-generaal.
PLEITSTUKKE
In die ministerie en inspekteur-generaal se reaksie op die hofsaak, beweer hulle in hofstukke dat die arrestasie wel wettig was.
“Die eiser [Amushelelo] se versoek om op 21 Maart 2023 ’n landswye vreedsame betoging te hou oor die land se hoë werkloosheidsyfer, was afgekeur deur die polisie se streeksbevelvoerder vir die Khomasstreek. Hulle is aangeraai om die betoging te herskeduleer,” lui die pleitstukke wat verder daarop wys dat Amushelelo gekies het om met die betoging voort te gaan. Volgens hulle het betogers polisiebeamptes en ’n polisievoertuig met klippe gegooi.
“Dit het die beamptes aangespoort om minimum geweld te gebruik om die groep op te breek.”
In die aanklaer-generaal, Martha Imalwa, se pleitstukke het sy ontken dat die vervoling aribtrêr was.
“Daar was redelike en waarskynlike rede om strafregtelike verrigtinge teen die eiser in te stel. Die derde verweerder [Imalwa] het eerlik geglo, op grond van die getuienis in die polisiedossier, dat die vervolging geregverdig is.”
Partye het Donderdag in die hoërhof in Windhoek verskyn vir voorverhoorverrigtinge.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie