Amushelelo se borgvoorwaardes bly onveranderd
Regter knip verrigtinge kort
Michael Amushelelo se aansoek om sy borgtogvoorwaardes te wysig, is Woensdag van die rol geskrap aangesien sy regsverteenwoordigers nie die nodige dokumente by die hof ingedien het nie.
Die aktivis Michael Amushelelo het Woensdag vlugtig in die hoërhof in Windhoek verskyn in die hoop om sy borgtogvoorwaardes te laat wysig.
Dit om hom toe te laat om môre na Suid-Afrika te reis om ’n Economic Freedom Fighters (EFF)-konferensie by te woon.
Regter Hosea Angula het egter die verrigtinge kortgeknip en die saak van die rol geskrap voor die aansoek nog aangehoor kon word.
Hy het bevind dat Amushelelo se regspan nie die nodige dokumente by die hof ingedien het vir die aansoek om voort te gaan nie. Hy het spesifiek verwys na die destydse uitspraak met betrekking tot Amushelelo se borgtog en gestel hy sal dit benodig om die huidige aansoek aan te hoor.
“Hierdie aansoek is nie behoorlik voor die hof gebring nie. Ek het geen ander keuse as om die saak van die rol te skrap nie.”
Amushelelo het saam met sy medebeskuldigde, Gregory Cloete, verskyn. Die mans is in Oktober 2019 in hegtenis geneem weens aanklagte wat verband hou met sowat N$17 miljoen se beweerde Ponzi-skema wat hulle glo sedert 2015 bedryf het.
Een van hulle borgtogvoorwaardes is dat hulle nie die distrik van Windhoek kan verlaat sonder vooraf goedkeuring nie.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie