Amushelelo tree in bres vir werkers
‘Uittrede uit aktivisme’ keer hom nie
"Craft Bistro sal toe bly totdat die rassistiese Duitsers besluit om 'n vergadering met hul werkers te hou en hierdie kwessie op te klaar," het die NEFF-man in 'n sosialemediaplasing geskryf.
Elizabeth Joseph en Ogone Tlhage
Die Namibia Economic Freedom Fighters (NEFF)-aktivis Michael Amushelelo is Woensdag vrygelaat ná sy kortstondige arrestasie nadat hy aan ’n protesaksie deelgeneem het saam met Craft Bistro-werknemers wat beweer hulle word aan onmenslike behandeling onderwerp.
Amushelelo, wat nie aangekla is nie, sê hy kan nie stilsit terwyl die werknemers van die restaurant in Talstraat verplig word om te werk in wat hulle as haglike werksomstandighede beskryf nie.
Amushelelo se posisie is ’n ommekeer van sy vroeër verklaring hy sal nie meer vir die verdruktes kan veg ná sy vrylating uit die tronk verlede November nie.
Hy het wel onlangs gesê hoewel hy as aktivis “uitgetree” het, beteken dit nie hy sal nie help veg vir die regte van werkers wat uitgebuit word nie.
“Ek is net ’n mens. Soveel as wat ek probeer om my gevoelens weg te steek, voel ek verplig om op te tree wanneer ek ontstellende oproepe ontvang. Mense wat nie vir hulself kan veg nie, smeek jou letterlik om te help. Ek sê nie ek is terug nie,” het Amushelelo oor sy “uittrede” gesê.
Hy het bygevoeg mense moenie die feit dat sy party ’n tree terug gee, misbruik as ’n kans om hul werkers uit te buit nie. Die werknemers se storie het sy hart geroer en hy het verplig gevoel om iets te doen, het hy gesê.
“Craft Bistro sal toe bly totdat die rassistiese Duitsers besluit om ’n vergadering met hul werkers te hou en hierdie kwessie op te klaar.
“Ek sal nie besgee totdat hierdie kwessie opgelos is nie,” het hy in ’n sosialemediaplasing geskryf.
Amushelelo se prokureur, Kadhila Amoomo, het die polisie gewaarsku om nie by ’n arbeidsaangeleentheid betrokke te raak ná sy inhegtenisneming nie.
“Ons doen ’n beroep op die inspekteur-generaal om die feite noukeurig te oorweeg voordat ons kliënt aangekla word. Ons doen ’n beroep op almal om kalm te bly en hul verstand te gebruik. Moenie ’n arbeidsgeskil ligtelik in strafregtelike verrigtinge laat ontaard nie,” het Amoomo gesê.
KLAGTE
Een werknemer het aan ons susterkoerant Namibian Sun gesê hulle eis billike behandeling van die restaurant se eienaars, Urs Gamma en Petra Illing.
“Betalings word teruggehou. As hulle sien jou oortyd is baie, sny hulle die oortyd en gee jou net ’n kleiner bedrag,” het die werker gesê.
“Ons word nie vir Sondagwerk of vir openbare vakansiedae betaal nie. Ons het die kwessie probeer aanroer en het dit ook na die Arbeidskommissaris geneem. Die werkgewers dwing ons ook om te werk as ons siek is en gee ons net pynpille.
“Ons wil net hê die kwessies moet hanteer en reggestel word,” het die werker bygevoeg.
Intussen het die kafee se werknemers polisiebeamptes probeer keer om Amushelelo tydens die protesaksie in hegtenis te neem en het daarop aangedring om saam met hom gearresteer te word.
Amushelelo se vrou, Julieta, het beweer die polisie het hom tydens sy arrestasie beseer en hom mediese hulp geweier.
Illing, ’n mede-eienaar van die kafee, se status word glo ondersoek omdat haar werksvisum verval het. Sy is nie gearresteer soos in sommige sosiale media aangedui is nie.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie