Amushelelo weer in hof vir ‘laster’

Maatskappy eis N$350 000
'n Lasterklag wat die Namibiese polisie se inspekteur-generaal aanhangig gemaak het, staar reeds die aktivis in die gesig.
Kristien Kruger
Nóg ’n saak van beweerde laster is teen die aktivis Michael Amushelelo aanhangig gemaak vir plasings wat hy op sy Facebookblad gedeel het.

Pluczenik Diamonds Namibia, wat in diamantpolering en -handel in Namibië en wêreldwyd spesialiseer, het die jongste regsgeding in Mei vanjaar gebring. Die maatskappy se kantoor is in Windhoek geleë.

Dit volg nadat die hoërhof in Junie vanjaar ’n hofbevel uitgereik het wat Amushelelo verbied om enige verdere lasterlike uitlatings teen die hoof van die Namibiese polisie, inspekteur-generaal Joseph Shikongo, te maak.

Shikongo eis sowat N$1 miljoen van Amushelelo vir die uitlatings wat hy gemaak het wat verband hou met bewerings dat die polisie bewyse toesmeer oor ’n noodlottige ongeluk waarin Shikongo in Desember 2022 betrokke was.

PLUCZENIK

Amushelelo het glo Pluczenik Diamonds op 19 April vanjaar op sy Facebookblad daarvan beskuldig dat die maatskappy werknemers werf ’n paar dae voor die ministerie van myne en energie of die Namibia Diamond Trading Company (NDTC) hul perseel besoek en dan jok oor die aantal werkers wat hy in diens neem.

Amushelelo beweer dat die maatskappy die week van die plasing sowat 50 mense gewerf het en voorgegee het hulle is permanente werknemers.

Volgens Amushelelo jok die maatskappy oor sy aantal werknemers om groter lisensies te bekom.

“Dié 50 werkers is Vrydag terug huis toe en gister is vyf werknemers wat al een jaar by die maatskappy is ook teruggestuur huis toe, insluitend 'n swanger vrou.

“Ons vakbond, wat die mynwerkersvakbond is, is 100% bewus hiervan maar niks is gedoen nie,” het Amushelelo glo op sy blad gedeel.

‘LASTER’

Pluczenik beweer in sy eisbesonderhede wat by die hoërhof in Windhoek ingedien is, dat Amushelelo meer as 255 000 volgelinge gehad het ten tyde van die plasing van die bewerings.

Die maatskappy voer verder aan dat die uitlatings onregmatig en lasterlik is en dat dit gemaak is met die doel om die maatskappy se goeie naam en reputasie te skaad.

“Die inhoud van die plasing was bedoel om oor te dra dat die eiser [Pluczenik] 'n leuenaar is en dat die eiser oneties opgetree het om die regering en sy entiteite te mislei,” het Pluczenik in hofstukke aangevoer en bygevoeg dat die plasing voorstel dat die maatskappy onprofessioneel en onregmatig opgetree het.

Die maatskappy voer verder aan dat die plasing hom uitgebeeld het as ’n entiteit wat stamgebondenheid beoefen, doelbewus die arbeidswette oortree en geen respek vir sy werknemers het nie.

Pluczenik benadruk verder dat die plasing insinueer dat hy sy lisensies op twyfelagtige wyse bekom het.

EIS N$350 000

Pluczenik het Amushelelo glo versoek om die plasing te verwyder, maar hy het geweier.

“Die eiser het skade gely aan sy goeie naam en reputasie ten bedrae van N$350 000 en is dus geregtig op betaling van dié bedrag, asook op die terugtrekking en verwydering van die Facebookplasing en ’n verskoning deur die verweerder [Amushelelo],” lui Pluczenik se eisbesonderhede.

Partye het gister voor regter Eileen Rakow verskyn vir voorverhoorverrigtinge. Hoewel Amushelelo in hofstukke aangedui het dat hy die saak teenstaan, het nog hy of sy prokureurs enige verklarings ingedien.

NAMIB MILLS

Amushelelo was ook in April vanjaar in ’n hofgeding met Namib Mills gewikkel.

Dit was ook met betrekking tot onder andere dreigemente wat hy glo op Facebook teen die maatskappy gemaak het.

Namib Mills het daarin geslaag om ’n interdik teen Amushelelo te bekom wat hom verbied om dreigemente teen Namib Mills te maak of op enige manier die maatskappy se bedrywighede te belemmer.

In daardie Facebookplasings het Amushelelo die maatskappy indirek van rassisme beskuldig en dat hulle hul werknemers onmenslik behandel.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-06-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 10° | 28° Rundu: 9° | 28° Eenhana: 11° | 29° Oshakati: 11° | 28° Ruacana: 12° | 29° Tsumeb: 12° | 25° Otjiwarongo: 9° | 24° Omaruru: 10° | 26° Windhoek: 7° | 21° Gobabis: 10° | 22° Henties Bay: 15° | 23° Wind speed: 16km/h, Wind direction: NW, Low tide: 02:11, High tide: 08:23, Low Tide: 14:17, High tide: 20:55 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 22km/h, Wind direction: N, Low tide: 02:09, High tide: 08:21, Low Tide: 14:15, High tide: 20:53 Walvis Bay: 16° | 23° Wind speed: 22km/h, Wind direction: N, Low tide: 02:09, High tide: 08:20, Low Tide: 14:15, High tide: 20:52 Rehoboth: 9° | 23° Mariental: 11° | 25° Keetmanshoop: 14° | 25° Aranos: 10° | 25° Lüderitz: 16° | 24° Ariamsvlei: 13° | 26° Oranjemund: 16° | 25° Luanda: 21° | 23° Gaborone: 9° | 21° Lubumbashi: 9° | 26° Mbabane: 9° | 21° Maseru: 5° | 15° Antananarivo: 5° | 19° Lilongwe: 12° | 24° Maputo: 16° | 26° Windhoek: 7° | 21° Cape Town: 16° | 20° Durban: 14° | 23° Johannesburg: 9° | 17° Dar es Salaam: 21° | 29° Lusaka: 11° | 24° Harare: 9° | 21° Currency: GBP to NAD 22.93 | EUR to NAD 19.46 | CNY to NAD 2.5 | USD to NAD 18.17 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.37 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.25 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.26 | USD to AOA 853.63 | USD to BWP 13.67 | USD to EGP 47.98 | USD to KES 128.73 | USD to NGN 1512.73 | USD to ZAR 18.17 | USD to ZMW 24 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1764.53 Down -0.97% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13318.19 Down -0.28% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27766.27 Up +0.97% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 326.92/OZ DOWN -0.0004 | Copper US$ 4.38/lb UP +0.87% | Zinc US$ 2 954.50/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 85.50/BBP DOWN -0.008 | Platinum US$ 994.28/OZ UP +0.34% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 10° | 28° Rundu: 9° | 28° Eenhana: 11° | 29° Oshakati: 11° | 28° Ruacana: 12° | 29° Tsumeb: 12° | 25° Otjiwarongo: 9° | 24° Omaruru: 10° | 26° Windhoek: 7° | 21° Gobabis: 10° | 22° Henties Bay: 15° | 23° Wind speed: 16km/h, Wind direction: NW, Low tide: 02:11, High tide: 08:23, Low Tide: 14:17, High tide: 20:55 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 22km/h, Wind direction: N, Low tide: 02:09, High tide: 08:21, Low Tide: 14:15, High tide: 20:53 Walvis Bay: 16° | 23° Wind speed: 22km/h, Wind direction: N, Low tide: 02:09, High tide: 08:20, Low Tide: 14:15, High tide: 20:52 Rehoboth: 9° | 23° Mariental: 11° | 25° Keetmanshoop: 14° | 25° Aranos: 10° | 25° Lüderitz: 16° | 24° Ariamsvlei: 13° | 26° Oranjemund: 16° | 25° Luanda: 21° | 23° Gaborone: 9° | 21° Lubumbashi: 9° | 26° Mbabane: 9° | 21° Maseru: 5° | 15° Antananarivo: 5° | 19° Lilongwe: 12° | 24° Maputo: 16° | 26° Windhoek: 7° | 21° Cape Town: 16° | 20° Durban: 14° | 23° Johannesburg: 9° | 17° Dar es Salaam: 21° | 29° Lusaka: 11° | 24° Harare: 9° | 21° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 22.93 | EUR to NAD 19.46 | CNY to NAD 2.5 | USD to NAD 18.17 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.37 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.25 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.26 | USD to AOA 853.63 | USD to BWP 13.67 | USD to EGP 47.98 | USD to KES 128.73 | USD to NGN 1512.73 | USD to ZAR 18.17 | USD to ZMW 24 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1764.53 Down -0.97% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13318.19 Down -0.28% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27766.27 Up +0.97% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 326.92/OZ DOWN -0.0004 | Copper US$ 4.38/lb UP +0.87% | Zinc US$ 2 954.50/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 85.50/BBP DOWN -0.008 | Platinum US$ 994.28/OZ UP +0.34%