• Tuisblad
  • Howe
  • Appèl aangeteken oor vonnis vir verkragting van 84-jarige
Man's rape appeal against 84-year-old postponed

photo: file
Man's rape appeal against 84-year-old postponed photo: file

Appèl aangeteken oor vonnis vir verkragting van 84-jarige

Optrede as 'onstellend' beskryf
Die regter het in sy uitspraak gesê die beskuldigde het sy seksuele drange op 'n weerlose bejaarde vrou losgelaat.
Rita Kakelo
’n Man man wat appeleer teen sy skuldigbevinding en vonnis op ’n klag van verkragting wat verband hou met ’n 84-jarige vrou, sal na verwagting op 5 November hoor of sy appèl suksesvol was. Die skuldigbevinding is reeds in September 2023 gelewer en regter Hosea Angula sal oor die man se appèl beslis.

Die landdros op Mariental wat Johannes Kangango skuldig bevind het aan die verkragting en hom gevonnis het, het sy uitspraak verdedig. Landdros Stanley Tembwe het Kangango se optrede as ontstellend beskryf, veral weens die slagoffer se gevorderde ouderdom.

"Die beskuldigde het sy seksuele drange op ’n weerlose bejaarde vrou losgelaat," het hy gesê.

Die verkragting het in Februarie 2019 plaasgevind en Kangango was tot sy skuldigbevinding vir amper vyf jaar in aanhouding. In sy argumente het Kangango se regsverteenwoordiger Cliff Simataa, gesê dat daar teenstrydige inligting in landdros Tembwe se uitspraak was en dat hy 'n verkeerde oordeel begaan het.

Volgens Simataa was die persoon wat die saak gemaak, het heeltemal blind in een oog en gedeeltelik blind in die ander. Dit maak dit moeilik, indien nie rede moontlik nie, om die skuldige uit te ken.

"Die voorval het na bewering in die aand by die klaer se huis - ’n donker struktuur van sinkplate en sonder vensters - plaasgevind. Normaalweg sou dit moeilik vir enigiemand wees om in die klaer se huis te sien in die aand. Die 84-jarige het getuig dat haar seun ’n flitslig gebruik om saans in die huis te sien."

Die enigste bron van lig in die klaer se huis die betrokke aand was ’n straatlig wat nie direk voor die huis is nie, maar skuins oorkant die straat. Die afstand van die klaer se voordeur na die pad is glo sowat 14 meter.

Simataa het ook geargumenteer dat die klaer getuig het dat Kangango ’n mussie gedra het gedurende die voorval en wat korrekte uitkenning verder bemoeilik.

"Mussies bedek in die algemeen die voorkop, ore en kop en wat gelaatstrekke nog meer wegsteek," het Simataa gesê.

"Onder sulke omstandighede sal akkurate identifikasie moeilik wees vir iemand met goeie sig in ’n omgewing wat goed belig is. Hoeveel te meer nie meer vir ’n getuie wat blind is in een oog en gedeeltelik blind is in die ander, wat poog om iemand in ’n donker vetrek met slegs ’n vae lig van buite te probeer uitken nie?"

Hierdie, beweer Simataa, maak akkurate identifikasie feitlik onmoontlik en ondermyn verder die betroubaarheid van die klaer se getuienis.

In reaksie op die appèl, het die staatsaanklaer Filistas Shikerete, geargumenteer dat die appèl van die hand gewys moet word weens die feit dat dit nie in lyn is met die reëls vir landdroshowe nie. Sy sê die appellant se kennisgewing van appèl het versuim om spesifieke gronde vir die appèl te gee en dat dit dus nie geldig is nie. Sy het daarop klem gelê dat hierdie merkwaardig is weens die feit dat die appelant ’n regverteenwoordiger het.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-10-01

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Rugby Championship: Springboks 48 vs 7 Argentina | New Zealand 33 vs 13 Australia Premier League: Bournemouth 3 vs 1 Southampton | Manchester United 0 vs 3 Tottenham Hotspur | Ipswich Town 2 vs 2 Aston Villa | Wolves 1 vs 2 Liverpool | Nottingham Forest 0 vs 1 Fulham | Everton 2 vs 1 Crystal Palace | Chelsea 4 vs 2 Brighton | Brentford 1 vs 1 West Ham | Arsenal 4 vs 2 Leicester City | Newcastle 1 vs 1 Manchester City LaLiga: Villarreal 3 vs 1 Las Palmas | Atletico Madrid 1 vs 1 Real Madrid | Real Betis 1 vs 0 Espanyol | Athletic Club 1 vs 1 Sevilla | Celta Vigo 1 vs 1 Girona | Osasuna 4 vs 2 Barcelona | Real Sociedad 3 vs 0 Valencia | Rayo Vallecano 1 vs 1 Leganés | Getafe 2 vs 0 Deportivo Alaves SerieA: Parma 2 vs 3 Cagliari | Napoli 2 vs 0 Monza | Empoli 0 vs 0 Fiorentina | AS Roma 2 vs 1 Venezia | Como 3 vs 2 Hellas Verona | Torino 2 vs 3 SS Lazio | Bologna 1 vs 1 Atalanta | Genoa 0 vs 3 Juventus | Udinese 2 vs 3 Inter Milan European Championships Qualifying: Swansea City 1 vs 1 Bristol City | Watford 2 vs 1 Sunderland | Portsmouth 0 vs 0 Sheffield United | Oxford United 0 vs 0 Burnley | Millwall FC 3 vs 1 Preston North End | Middlesbrough 2 vs 0 Stoke City | Leeds United 3 vs 0 Coventry City | Hull City 4 vs 1 Cardiff City | Sheffield Wednesday 3 vs 2 West Bromwich Albion | Derby County 2 vs 3 Norwich City | Blackburn Rovers 2 vs 0 Queens Park Rangers English Championship: Swansea City 1 vs 1 Bristol City | Watford 2 vs 1 Sunderland | Portsmouth 0 vs 0 Sheffield United | Oxford United 0 vs 0 Burnley | Millwall FC 3 vs 1 Preston North End | Middlesbrough 2 vs 0 Stoke City | Leeds United 3 vs 0 Coventry City | Hull City 4 vs 1 Cardiff City | Sheffield Wednesday 3 vs 2 West Bromwich Albion | Derby County 2 vs 3 Norwich City | Blackburn Rovers 2 vs 0 Queens Park Rangers #N/A Currency: GBP to NAD 22.99 | EUR to NAD 19.16 | CNY to NAD 2.46 | USD to NAD 17.29 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.26 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.16 | RUB to NAD 0.18 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132 | USD to AOA 940.11 | USD to BWP 13.08 | USD to EGP 48.2 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1639.19 | USD to ZAR 17.3 | USD to ZMW 26.2 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1898.19 Down -1.16% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14372.84 Down -0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31587.04 Up +0.41% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9653.37 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 648.22/OZ UP +0.47% | Copper US$ 4.53/lb UP +0.05% | Zinc US$ 3 141.80/T UP 1.76% | Brent Crude Oil US$ 71.79/BBP DOWN -0.0111 | Platinum US$ 976.63/OZ DOWN -0.0033 #N/A