• Tuisblad
  • Howe
  • Asdrommoord: Hoofverhoor begin eers volgende jaar

Asdrommoord: Hoofverhoor begin eers volgende jaar

Staat bring aansoek vir samevoeging
'n Zimbabwiese egpaar en die biologiese ma van die negejarige slagoffer, sal volgende maand weer in die hof verskyn.
Kristien Kruger
In die moordverhoor waarin ’n negejarige meisie doodgeslaan, in ’n munisipale vullisdrom gegooi en aan die brand gesteek is, sal nou eers op 15 Januarie 2024 begin.

Die Zimbabwiese egpaar wat teregstaan op die moord, Caroline en Edward Nkata, sal wel op 29 en 30 Augustus weer in die hof verskyn vir die staat se aansoek vir samevoeging om die oorledene se biologiese ma, Rachel Kureva, by die saak te voeg sodat sy saam met die Nkatas verhoor kan word.

AANSOEK VIR SAMEVOEGING

Kureva was aanvanklik ’n medebeskuldigde in die saak, maar die aanklaer-generaal het besluit om haar nie te vervolg nie aangesien daar te min bewyse teen haar was.

Sy is egter weer in hegtenis geneem nadat Edward se 14-jarige seun ’n verklaring by die polisie afgelê het wat haar by die moord betrek het.

Die aansoek vir samevoeging sou aan die begin van die maand voor regter Philanda Christiaan aangehoor word, maar is uitgestel aangesien Kureva nie ’n regsverteenwoordiger gehad het nie. Haar nuwe verteenwoordiger, Janita von Wielligh, was Dinsdag in die hof teenwoordig en het aangedui sy is gereed om met die aansoek voort te gaan.

AGTERGROND

Die staat beweer dat Edward Nkata in Januarie 2020 wyle Akundaishe Natalie Chipomho noodlottig aangerand het en dat Caroline en Kureva gehelp het om haar liggaam in ’n vullisdrom in Windhoek-Noord te gooi en die inhoud aan die brand te steek.

Carolina het tydens haar eerste hofverskyning skuld erken en gesê Edward het vir Chipomho geslaan terwyl sy by die huis was.

Ná die aanranding het Edward haar glo gedwing om hom te help om van Chipombo se liggaam ontslae te raak.

VERRIGTINGE

Tydens Dinsdag se hofverrigtinge was dit opmerklik dat Edward en Kureva lanks mekaar gesit en deurlopend met mekaar gepraat het. Caroline het ’n entjie weg van hulle gesit en nie met hulle gepraat nie.

Die verhoor is geskeduleer vir 15 tot 22 Januarie, asook 12 tot 23 Februarie 2024.

Edward Nkata word verteenwoordig deur Mbanga Siyomuinji en Milton Engelbrecht verteenwoordig Caroline Nkata. Die staatsaanklaer is Ethel Ndlovu.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!