August 26 se regsgeskil oor aandele ken geen einde
Saak hervat op 30 Junie
In 'n hofsaak waarin die wyle Matheus Kristof Shikongo betrokke was, is die voortvlugtige Marén de Klerk as die eksekuteur van sy boedel verwyder.
Die hof het beslis ’n nuwe eksekuteur moet vir die wyle voormalige burgemeester van Windhoek, mnr. Matheus Kristof Shikongo, aangewys word.
Dit moet geskied voordat die hofsaak tussen die ministerie van verdediging en veteranesake en twee van sy August 26-ondernemings met winsbejag, teen Shikongo en sy maatskappy Broad-Based Network kan voortgaan.
Die ministerie, August 26 Holdings en August 26 Logistics dagvaar vir Shikongo en Broad-Based Network vir kontrakbreuk. Die partye eis dat die hof moet beslis die aandele van August 26 Food Services No 2, wat na bewering wederregtelik in Shikongo en/of sy maatskappy se naam geregistreer is, in hulle naam oorgedra word.
Ná Shikongo se afsterwe in Mei 2021, is mnr. Marén de Klerk as die eksekuteur van sy boedel aangestel.
De Klerk is ’n Windhoekse prokureur wat in Suid-Afrika gesoek word om aan Namibië uitgelewer te word om sy verhoor in die Fishrot-saak by te woon.
Hy staan in die hoërhof in Windhoek saam met die voormalige ministers van visserye en justisie, mnre. Bernhard Esau en Sacky Shanghala, die voormalige voorsitter en uitvoerende hoof van Fishcor, mnre. James Hatuikulipi en Mike Nghipunya, en ses ander tereg.
Die hoërhof in Windhoek het Vrydag ’n hofbevel uitgereik wat beslis dit is ongewens vir De Klerk om langer as die eksekuteur van Shikongo se boedel op te tree, aangesien hy ’n voortvlugtige van die gereg is.
“Die eksekuteursbrief van wyle Matheus Kristof Shikongo moet aan die meester van die hoërhof terugbesorg word en die meester van die hoërhof moet binne 30 dae vanaf hierdie bevel 'n nuwe eksekuteur aanstel,” lui die hofbevel.
Regter Orben Sibeya het verder beveel dat die partye 'n hersiene gesamentlike verslag voor of op 27 Junie moet indien en het die saak tot 30 Junie vir voorverhoor uitgestel.
Die saak is reeds in Oktober 2020 by die hof aanhangig gemaak.
AGTERGROND
Die ministerie en August 26 Holdings het sewe jaar gelede ’n kontrak met Shikongo se maatskappy, Broad-Based Network, onderteken om 'n projek van stapel te stuur “om voedselpunte te vestig” en voedsel aan weermagbasisse te voorsien.
Die ooreenkoms in Februarie 2015 was gerig op 'n aanvanklike loodsprojek wat na verwagting vier weke ná die ondertekening van die diensvlakooreenkoms (SLA) in Grootfontein, Otavi en Otjiwarongo sou begin.
Die kontrak is in Desember 2015 gekanselleer, maar die redes word nie in die hofstukke uiteengesit nie.
Shikongo, wat in Mei 2021 oorlede is, was destyds die voorsitter van Broad-Based Network met mnr. Lloyd Winterbach as besturende direkteur.
Die SLA het bepaal dat 'n nuwe maatskappy, August 26 Food Services No 2, gestig sou word onder die alleeneienaarskap van August 26 Logistics. Broad-Based Network moes die nuwe maatskappy registreer en al die aandele aan August 26 Logistics oordra.
“Die geld wat gegenereer is uit die verskaffing van voedselprodukte aan die plaaslike ondernemings van die tweede eiser (ministerie van verdediging), sal vir die derde eiser (August 26 Logistics) se rekening wees,” lui die besonderhede van die eis van die drie eisers.
“In teenstelling met die partye se ooreenkoms en die instruksies van die ministerie van verdediging, is Broad-Based Network in Maart 2015 en/of die tweede verweerder (Shikongo) as aandeelhouer van August 26 Food Services No 2 geregistreer, en nie August 26 Logistics nie.”
Daar word van die hof geëis om 'n bevel teen Shikongo en sy maatskappy uit te reik om alle aandele van August 26 Food Services na August 26 Logistics oor te dra, of dat Broad-Based Network gelas moet word om die "ekwivalente waarde van die aandele van August 26 Food Services aan August 26 Logistics uit te betaal.”
Die hofstukke verskaf nie die waarde van die aandele nie.
Ná die kansellasie van die kontrak in Desember 2015, beweer die eisers dat Broad-Based Network gedurende 2016 en 2019 gesê het die aandele sal oorgedra word, maar “tot op hede het hulle misluk en/of geweier om die oordrag te doen.” – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie