B1-City: ‘Bedrieërs’ op verskeie klagte vrygespreek
Oud-RCC-hoë nog nie skotvry
Die RCC se voormalige uitvoerende hoof wat na bewering korrupsie gepleeg het, is hy gister op verskeie klagte vrygespreek.
Die drie beskuldigdes wat gesamentlik op 11 klagte tereggestaan het, wat verband hou met beweerde bedrog rakende die B1 City-ontwikkeling in die hoofstad, is gister in die hoërhof in Windhoek op verskeie klagte vrygespreek.
Kelly Nghixulifwa, die voormalige uitvoerende hoof van die Paaiekontrakteursmaatskappy (RCC), het aansoek gedoen om van al 11 klagte vrygespreek te word.
Regter Christie Liebenberg het hom egter net op drie klagte onskuldig bevind. Hy is op twee klagte van minagting van die Paaiekontrakteursmaatskappy-wet en een klag van korrupsie vrygespreek.
Anna Ndoroma, wat ’n aandeelhouer in Ae//Gams Engineering was ten tyde van die beweerde misdade, is op een klag van bedrog en een klag van korrupsie vrygespreek. Die RCC sou glo in samewerking met Ae//Gams Engineering die B1 City-ontwikkeling voltooi.
Hafeni Nghinamwaami wat ’n aandeelhouer in Cradle Investments was en homself na bewering deur sy verhouding met Nghixulifwa verryk het, is ook op een klag van bedrog en ’n klag van korrupsie vrygespreek. Hy staar egter steeds ’n alternatiewe klag van korrupsie in die gesig.
Nghixulifwa moet nog pa staan vir vier klagte van korrupsie en vier klagte van bedrog en Ndoroma net vir een klag van bedrog. Nghinamwaami staar steeds ’n alternatiewe klag van korrupsie en twee klagte van bedrog in die gesig.
Nghixulifwa en Nghinamwaami staan gesamentlik tereg op 'n klag van bedrog nadat hulle na bewering vir Nghinamwaami en Cradle Investments voorgehou het as ’n fasiliteerder van die projek en dat hy geregtig was om ’n fasiliteringsfooi van N$150 000 te ontvang.
Hierdie klag het twee alternatiewe klagte van diefstal.
Partye sal na verwagting môre in die hof verskyn om hofdatums te bepaal. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie