Jackson Babi. Foto Argief
Jackson Babi. Foto Argief

Babi terug in hof

Partye gister in hof verskyn
Die selfverklaarde profeet word tans gedagvaar vir sowat N$81 000 se uitstaande huurgeld.
Kristien Kruger
Die pastoor van die House of Joy Ministries en veroordeelde wildmisdadiger, Jackson Babi, staar tans siviele aanklagte in die gesig wat verband hou met uitstaande huurgeld.

Die eienaar van die eiendom wat in Kleine Kuppe in die hoofstad geleë is, eis nou sowat N$81 000 van Babi en sy vrou, Maria. Dit is dieselfde eiendom waar owerhede in Mei 2020 renosterhorings gevind het, wat tot Babi se inhegtenisname gelei het.

Partye het gister in die hoërhof voor regter Nate Ndauendapo verskyn vir voorverhoorverrigtinge.

Babi is in September 2022 gevonnis tot 10 jaar gevangenisstraf en boetes van altesaam N$370 000 of verdere tronkstraf van 17 jaar, nadat hy skuldig gepleit het op 11 aanklagte wat ondere meer verband hou met die onwettige jag van beskermde wild.

Die ander klagte sluit in diefstal, geldwassery, rampokkery en omkopery. Die aanklagte teen Babi sluit ook die verskaffing van ’n onwettige vuurwapen en ammunisie in.

Babi se vonnis is op appèl in die hoërhof verminder na twee jaar gevangenisstraf en boetes van altesaam N$230 000, of ’n bykomende 15 jaar tronkstraf indien die boetes nie betaal word nie.

UITSTAANDE HUUR

Die Babi-egpaar het die eiendom in Kleine Kuppe vir ’n tydperk van een jaar gehuur wat op 1 April 2020 begin het.

Die huurooreenkoms is later glo op grond van ’n mondelingse ooreenkoms op 31 Maart 2021 verleng. Die maandelikse huur het sowat N$30 000 beloop.

Die eienaar van die eiendom, Josua Kaukungwa, eis nou N$81 418 in skadevergoeding.

Volgens Kaukungwa se verklaring wat by die hof ingedien is, het die egpaar versuim om hul maandelikse huurbetalings vir November en Desember 2021, altesaam N$42 602, te betaal.

’n Bykomende N$38 815 word van die egpaar geëis vir koste verbonde aan die opknapping van die huureiendom.

WILDMISDAAD

Die wilmisdaadaanklagte waarop Babi tereggestaan het, het verband gehou met die stropery van ’n witrenosterkoei en -kalf op ’n plaas in die Gobabis-omgewing.

Babi het erken dat hy die geweer en ammunisie verskaf het wat gebruik is om die twee diere te skiet en dat hy later twee renosterhorings in Windhoek in sy besit gehad het.

Hy het ook erken dat hy betrokke was by ’n poging om twee renosterhorings op Otjiwarongo te verkoop en omkoopgeld van N$13 000 aan ’n polisiebeampte aangebied het ná sy arrestasie.

Agt mans is met die oortreding verbind, waarvan een glo ’n polisiebeampte was.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!