Babi’s was vuil wasgoed in hof

Bewerings van verneukery
Jackson het onlangs aansoek gedoen om van sy vrou te skei en soek toesig van hulle drie kinders.
Kristien Kruger
Die selfverklaarde profeet en veroordeelde renosterstroper, Jackson Babi, en sy vrou Maria is tans in ’n smerige egskeidingsaak gewikkel. Die toesig van hulle minderjarige kinders – al drie onder die ouderdom van tien – is ook ter sprake. Jackson het die aansoek om egskeiding en toesig van die kinders gebring en beweer in hofstukke dat Maria geen liefde, geneentheid of respek teenoor hom toon nie. Hy beweer verder dat Maria hom emosioneel en sielkundig mishandel en ekonomies misbruik het.

“Die verweerder [Maria] het versuim om emosionele ondersteuning aan hom te gee terwyl hy in aanhouding was en sy weier om saam met hom te woon sedert sy vrylating uit aanhouding,” lui Jackson se hofstukke.

Hy meen verder dat die kinders by hom moet bly met Maria wat redelike toegang kan kry, omdat Maria glo nie ’n woonplek van haar eie het nie en tans saam met haar broer bly.

Die egpaar is in Julie 2013 getroud en partye het gister voor regter Eileen Rakow in die hoërhof in Windhoek verskyn.

VERNEUKERY

In haar teenaansoek beweer Maria dat sy toesig van die kinders moet kry. Sy voer aan dat Jackson die meeste van sy tyd gebruik het om by sy gemeente te preek, “ten koste van sy kinders”. Sy beweer ook dat hy haar verneuk het.

“Hy het egbreuk gepleeg met ’n sekere vrou in sy gemeente,” sê Maria in haar hofstukke. Jackson is ’n pastoor by die House of Joy Ministries. Hy ontken egter die bewering.

“Dit is ’n ernstige bewering en as dit waar was, sou die verweerder [Maria] dit nie vergewe het nie. Sy kon aansoek doen vir ’n egskeiding of sy kon hom ten minste konfronteer. Sy het letterlik niks gedoen nie. Dit is op sigself veelseggend,” lui Jackson se hofstukke en voeg by dat Maria alleenlik verantwoordelik is vir die verbrokkeling van hulle huwelik.

TEENAANSOEK

Maria ontken Jackson se bewerings dat sy nie ’n goeie eggenoot vir hom was nie. Sy beweer sy het vir hom kos gekook en dit na hom toe gevat toe hy in aanhouding was en emosionele ondersteuning aan hom in hierdie tyd gebied het. Sy het glo ook sy regskostes met haar spaargeld betaal.

Sy verduidelik verder in haar hofstukke dat Jackson haar glo sonder enige rede verbied het om hom te besoek, nadat hy gevonnis is. Sy is glo ook nie in kennis gestel van sy vrylating nie en moes na bewering op sosiale media daarvan kennis neem.

In reaksie hierop het Jackson aangevoer dat Maria hom glo nooit besoek het terwyl hy in aanhouding was nie. Hy beweer sy het vir ’n aantal vriende en kennisse gesê dat sy hoop hy bly vir ’n lang tydperk in aanhouding.

Hoewel Maria erken dat sy saam met haar broer bly, verduidelik sy dat hy in Suid-Afrika werk en selde by die huis is. Sy is glo uit haar en Jackson se huis gesit nadat hy in hegtenis geneem is.

BINNE GEMEENSKAP

Die Babi-egpaar is binne gemeenskap van goedere getroud en in Jackson se hofaansoek beweer hy hulle het tydens hul huwelik geen vaste of roerende bates bekom nie.

In Maria se aansoek voer sy egter aan dat hulle drie voertuie besit het wat Jackson glo verkoop het sonder om die opbrengs daarvan met haar te deel. Sy het verder aangevoer dat Jackson ook ander besighede besit soos ’n slaghuis in Okuryangava.

Jackson ontken dat hy ’n slaghuisbesigheid besit het en voer verder aan dat nie enige van die partye ooit voertuie besit het nie.

WILDMISDAAD

Jackson is in Mei 2020 in hegtenis geneem vir renosterstropery en het daarna skuldig gepleit op 11 klagte van onder meer onwettige jag, diefstal, omkopery, geldwassery en die besit van renosterhorings. Hy was gevonnis tot tien jaar tronkstraf, maar sy vonnis is later hersien en verminder. Hy is in Januarie vanjaar uit die tronk vrygelaat nadat hy 'n boete van byna N$230 000 betaal het.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-10-17

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 21° | 37° Rundu: 22° | 34° Eenhana: 20° | 35° Oshakati: 21° | 34° Ruacana: 19° | 37° Tsumeb: 23° | 32° Otjiwarongo: 18° | 33° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 16° | 32° Henties Bay: 12° | 18° Wind speed: 29km/h, Wind direction: S, Low tide: 08:54, High tide: 03:05, Low Tide: 21:23, High tide: 15:19 Swakopmund: 12° | 16° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 08:52, High tide: 03:03, Low Tide: 21:21, High tide: 15:17 Walvis Bay: 12° | 21° Wind speed: 42km/h, Wind direction: S, Low tide: 08:52, High tide: 03:02, Low Tide: 21:21, High tide: 15:16 Rehoboth: 14° | 31° Mariental: 15° | 30° Keetmanshoop: 11° | 28° Aranos: 14° | 31° Lüderitz: 13° | 28° Ariamsvlei: 12° | 28° Oranjemund: 12° | 20° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 19° | 37° Mbabane: 13° | 30° Maseru: 13° | 28° Antananarivo: 15° | 29° Lilongwe: 17° | 32° Maputo: 16° | 32° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 14° | 18° Durban: 17° | 23° Johannesburg: 17° | 28° Dar es Salaam: 24° | 30° Lusaka: 18° | 34° Harare: 15° | 30° Currency: GBP to NAD 22.97 | EUR to NAD 19.15 | CNY to NAD 2.48 | USD to NAD 17.69 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.12 | RUB to NAD 0.18 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 133.18 | USD to AOA 909.05 | USD to BWP 13.36 | USD to EGP 48.58 | USD to KES 128.5 | USD to NGN 1652.16 | USD to ZAR 17.67 | USD to ZMW 26.66 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1868.93 Up +0.75% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13834.74 Down -0.75% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30143.86 Down -1.31% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9834.64 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 693.01/OZ UP +0.70% | Copper US$ 4.31/lb DOWN -0.0085 | Zinc US$ 3 063.00/T UP 0.06% | Brent Crude Oil US$ 74.75/BBP DOWN -0.0002 | Platinum US$ 993.47/OZ DOWN -0.0036 Sport results: Weather: Katima Mulilo: 21° | 37° Rundu: 22° | 34° Eenhana: 20° | 35° Oshakati: 21° | 34° Ruacana: 19° | 37° Tsumeb: 23° | 32° Otjiwarongo: 18° | 33° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 16° | 32° Henties Bay: 12° | 18° Wind speed: 29km/h, Wind direction: S, Low tide: 08:54, High tide: 03:05, Low Tide: 21:23, High tide: 15:19 Swakopmund: 12° | 16° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 08:52, High tide: 03:03, Low Tide: 21:21, High tide: 15:17 Walvis Bay: 12° | 21° Wind speed: 42km/h, Wind direction: S, Low tide: 08:52, High tide: 03:02, Low Tide: 21:21, High tide: 15:16 Rehoboth: 14° | 31° Mariental: 15° | 30° Keetmanshoop: 11° | 28° Aranos: 14° | 31° Lüderitz: 13° | 28° Ariamsvlei: 12° | 28° Oranjemund: 12° | 20° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 19° | 37° Mbabane: 13° | 30° Maseru: 13° | 28° Antananarivo: 15° | 29° Lilongwe: 17° | 32° Maputo: 16° | 32° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 14° | 18° Durban: 17° | 23° Johannesburg: 17° | 28° Dar es Salaam: 24° | 30° Lusaka: 18° | 34° Harare: 15° | 30° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 22.97 | EUR to NAD 19.15 | CNY to NAD 2.48 | USD to NAD 17.69 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.12 | RUB to NAD 0.18 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 133.18 | USD to AOA 909.05 | USD to BWP 13.36 | USD to EGP 48.58 | USD to KES 128.5 | USD to NGN 1652.16 | USD to ZAR 17.67 | USD to ZMW 26.66 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1868.93 Up +0.75% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13834.74 Down -0.75% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30143.86 Down -1.31% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9834.64 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 693.01/OZ UP +0.70% | Copper US$ 4.31/lb DOWN -0.0085 | Zinc US$ 3 063.00/T UP 0.06% | Brent Crude Oil US$ 74.75/BBP DOWN -0.0002 | Platinum US$ 993.47/OZ DOWN -0.0036