Ballistiese kenner getuig laaste
Lichtenstrasser-verhoor hervat einde Julie
'n Oudwerknemer van Nimt het gister getuig die voormalige direkteur van dié instansie, Eckhart Mueller, het dreigemente ontvang.
In Ernst Lichtenstrasser se verhoor sal hy en sy regsverteenwoordiger na verwagting slegs nog een getuie roep voordat hulle hul saak sal afsluit. Dié getuienis is glo ’n ballistiese kenner van Suid-Afrika.
Lichtenstrasser staan tereg op die moorde van die Namibiese Instituut van Mynbou en Tegnologie (Nimt) se direkteur, Eckhart Mueller en sy adjunk, Heimo Hellwig, in 2019
Lichtenstrasser se regsverteenwoordiger, Albert Titus, het vroeër vanjaar aangedui een van sy getuies was ’n ballistiese kenner van Amerika, maar weens die feit dat dié kenner nie na Namibië kan reis nie, vervang die Suid-Afrikaanse ballistiese kenner, Lucas Visser, hom.
Titus het versoek dat die verhoor tot 31 Julie uitgestel word vir die logistieke beplanning vir Visser se getuienis.
‘WANBESTUUR’ BY NIMT
Die verdediging se nuutste getuie, Onno Nghidileko, ’n voormalige Nimt-werknemer, het getuig oor die kommer onder werknemers oor bestuurslede se beweerde wanbestuur van dié instansie.
Nghidileko het getuig ’n “besorgde groep” was ontevrede oor die behandeling van werknemers en onder meer beweerde rassisme en nepotisme.
Hy het getuig Mueller het glo ’n brief van een van sy kollegas ontvang wat hom gedreig het om “met een oog oop te slaap”.
Die staatsaanklaer Antonia Verhoef het egter tydens kruisondervraging aan Nghidileko gestel dié kollega het in ’n polisieverklaring ontken dat sy die brief geskryf het.
“Die brief het hom gewaarsku om versigtig te wees, veral vir die mense naby aan hom. Die brief het gesê hulle is nie so gelukkig soos hulle voorgee nie,” het hy getuig.
Nghidileko het ook getuig dié brief is anoniem met die media gedeel en dat inligting in die brief deur mediakanale ná die moorde gedeel is.
Regter Christie Liebenberg het die verhoor tot 11 Julie vir statusverhoor uitgestel voor dit na verwagting op 31 Julie sal voortgaan met Lucas Visser se getuienis.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie