Foto argief
Foto argief

Bank eis toegang tot eiendom

Dringende aansoek teen adjunkbalju
Kristien Kruger
Standard Bank Namibia het ’n dringende aansoek teen die adjunkbalju van Windhoek gebring om toegang tot ’n erf in Hochlandpark te verkry.

Volgens die bestuurder van die bank se departement vir gespesialiseerde invorderings, Derick William Colmer, het die bank die eiendom gekoop en was onder die indruk dat hulle onmiddellik besit daarvan kon neem nadat die deposito betaal is.

Die bank is egter sedert Junie glo toegang tot die eiendom geweier. Partye het verlede week Donderdag voor regter Hannelie Prinsloo in die hoërhof in Windhoek verskyn.

AGTERGROND

Volgens Colmer het die bank op 27 April 2018 regsaksie teen Abisai Panduleni Nandongo [tweede respondent] ingestel vir die betaling van N$3,1 miljoen vir verbandfinansiering ten opsigte van die eiendom.

Op 6 November 2020 het die hof na bewering die eiendom vatbaar vir eksekusie verklaar.

Die bank het in Junie vanjaar die eiendom gekoop en die deposito betaal onder die voorwaarde dat die eiendom onmiddellik, nadat dié betaling ontvang is, aan die bank oorhandig sal word.

Toe die bank op 26 Junie die eiendom besoek het, was die hekke glo gesluit.

“Ek het die eerste respondent [adjunkbalju] op 27 Junie genader om navraag te doen oor die rede vir sy versuim om die eiendom aan die applikant te oorhandig.

“Die eerste respondent se standpunt is hy sal slegs ingevolge ’n hofbevel optree aangesien die perseel gesluit is,” het Colmer in sy verklaring gesê.

Colmer beweer daar is aan die bank voorgehou dat hulle onmiddellik besit van die eiendom kan neem en geen voorwaardes is gekommunikeer dat toegang onderworpe aan ’n hofbevel sou wees nie.

“As dit die geval was, sou ons die koop van die eiendom heroorweeg het.” Volgens Colmer lyk die eiendom verwaarloos, behalwe vir vier honde wat binne die erf toegesluit is.

DRINGEND

Die bank voer aan die saak moet op ’n dringende basis aangehoor word, aangesien die eiendom nou uitsluitlik hul risiko is en dit tans verlate is.

“Dis duidelik dat die eiendom in sy onbewaakte toestand vatbaar is vir die risiko van skade, diefstal en inbrake. Die applikant kan nie ledig sit en wag vir moontlike skade aan die eiendom om te gebeur en eendag in die toekoms ’n skade-eis teen die respondent in te stel nie,” meen Colmer.

Die bank sê hy het aan die vereistes voldoen om ’n bevel teen die adjunkbalju te verkry en voer aan die adjunkbalju het geen dokumente vorendag gebring wat daarop dui dat hy nie in staat is om ’n bevel uit te voer nie.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 35° Rundu: 19° | 35° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 23° | 35° Ruacana: 22° | 35° Tsumeb: 22° | 34° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 20° | 33° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 16° | 24° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 15° | 23° Rehoboth: 21° | 33° Mariental: 21° | 37° Keetmanshoop: 21° | 38° Aranos: 22° | 37° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 20° | 39° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 35° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 17° | 29° Maseru: 16° | 31° Antananarivo: 16° | 32° Lilongwe: 21° | 33° Maputo: 21° | 32° Windhoek: 20° | 33° Cape Town: 16° | 25° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 16° | 31° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 20° | 32° Harare: 18° | 28° #REF! #REF!