Bedrogsaak sloer sestien jaar
Beskuldigde hervat getuienis
Ses bedrogbeskuldigdes het Dinsdag in die hoërhof in Windhoek verskyn.
Sestien jaar het reeds verloop sedert die inhegtenisname van ses mense wat daarvan beskuldig word dat hulle sowat N$4 miljoen uit Alexander Forbes geswendel het.
Die verhoor is egter steeds nie afgehandel nie.
Die beskuldigdes het Dinsdag in die hoërhof in Windhoek verskyn waartydens die getuienis van een van die beskuldigdes, Jeremiah Metaatu, hervat het.
Sy medebeskuldigdes, Sharon Desiree Ramann, Hendrik Francisco Davis, Jan Johannes Jansen, Severen Iiyambo and Alta Norma Visser was ook Dinsdag in die hof teenwoordig.
Die staat beweer die beskuldigdes het tussen Mei 2003 en Maart 2005 huislenings wat bestem was vir lede van die Plaaslike Owerhede en Nutsdienste van Namibië (Local Authorities and Utility Services) se pensioenfonds op ’n korrupte wyse gemanipuleer.
Die beskuldigdes het na bewering die lede ingelig dat die geld wat afgetrek is, gebruik sou word om hul uitstaande lenings te vereffen, hoewel die lenings nooit afbetaal is nie. Een van die beskuldigdes het glo vals inskrywings gemaak om aan te dui dat die lenings wel afbetaal is en sodoende sou lede in aanmerking kom om ’n tweede huislening aan te gaan. Hulle het na bewering korrupte betalings ontvang wat vir die fasilitering van dié lenings bedoel was.
Hulle staan tereg op 265 klagte, wat bedrog en korrupsie insluit.
BESKULDIGDE GETUIG
Metaatu het Dinsdag sy hoofgetuienis afgehandel en is tydens kruisondervraging gevra oor geld wat hy ingevorder het en aan Ramann oorhandig het.
Metaatu was ten tyde van die beweerde bedrog as ’n drywer by Stad Windhoek (CoW) werksaam en Ramann was die administrateur van finansiële dienste vir pensioenfondse by Alexander Forbes.
Hy het getuig hy het slegs kwotasies aan mense verskaf vir herstelwerk wat hulle aan hul huise wou doen. Dié kwotasies is dan saam met die individu se huisleningaansoek ingehandig. Volgens hom het hy dan na die mense gegaan om sy N$350 vir die kwotasie in te vorder en dan sou Ramann hom vra om ook die geld wat hulle aan haar moet betaal, vir haar te bring.
Volgens Metaatu het hy nie geweet waarvoor die geld gebruik sou word nie, maar hy het erken hy het soms saam met die mense bank toe gegaan om hul geld te kry en sy geld vir die kwotasie in te vorder.
Hoewel Metaatu erken het dat hy self vantevore ’n lening deur Ramann verkry het, het hy getuig hy het voor hul inhegtenisname nie vier van sy medebeskuldigdes geken nie en het daarom nie met ’n gemeenskaplike doel opgetree soos die staat beweer nie.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie