Ter illustrasie Foto Tanja Bause
Ter illustrasie Foto Tanja Bause

Beide partye begaan foute, sê regter

Iréne-Mari van der Walt
Die hoërhof het Vrydag beslis dat OK Foods op Lüderitz binne ses weke aan gesondheidsregulasies moet voldoen, soos in ’n brief van die Lüderitz-dorpsraad uiteengesit is.

Regter George Coleman het ook beslis die winkel mag vir dié ses weke sy deure oopmaak en dat die dorpsraad binne drie maande die hernuwing van dié winkel se registrasiesertifikaat moet heroorweeg.

Daar word ook van die dorpsraad se praktisyn vir omgewingsgesondheid vereis om binne drie maande die uitreiking van ’n geskiktheidsertifikaat te heroorweeg.

Dit volg ná ’n dringende hofaansoek deur die eienaars en bestuur van OK Foods op Lüderitz waarin hulle beweer het die dorpsraad het nie wettige prosedures gevolg in die sluiting van die winkel nie. Coleman het in sy bevel die opskorting van dié besigheid se bedrywighede as onwettig verklaar.

Tydens hofverrigtinge het dit aan die lig gekom dat die dorpsraad glo op Suid-Afrikaanse regulasies gesteun het, wat na bewering deur ’n voormalige minister van gesondheid van dié buurland, ’n ene Motsoaledi, ingestel is.

Coleman het geen kostebevel toegestaan nie.

“Beide kante het foute begaan. Die aansoeker het nie voldoen aan regulasies nie en die dorpsraad mag dalk die prosedure oorskry het,” het Coleman gesê. – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!