'Belastingbetaler' Sacky kla oor tralies

Maak inbraak op sy regte
'n Aansoek vir regter Moses Chinhengo om homself van die Fishrot-verhoor te verwyder, het misluk terwyl een van die beskuldigdes weer aansoek doen vir borgtog.
Iréne-Mari van der Walt,Rita Kakelo
Die voormalige minister van justisie en een van die Fishrot-beskuldigdes is ontsteld omdat daar in sekere howe tralies tussen hom en die regter is. Sacky Shanghala het aan regter Moses Chinhengo gesê die tralies maak inbraak op sy reg tot voorneme van onskuld.

"Jy kyk op en jy sien danksy hierdie tralies ’n krimineel. Ons (mede-beskuldigdes) het niemand doodgemaak nie. Ek is nie ’n wrede man nie. Nie een van ons is wrede mense nie, [ons is] belastingbetalers," het hy aan regter Moses Chinhengo gesê in sy petisie om die tralies te laat verwyder.

Shanghala se opmerkings volg nadat regter Chinhengo ’n aansoek om verlof tot appèl deur nog ’n Fishrot-beskuldige, Nigel van Wyk, van die hand gewys het. Van Wyk wou appelleer teen Chinhengo se besluit om homself nie van die Fishrot-verhoor te onttrek nie. Shangala en die res van die Fishrot-beskuldigdes is saam met die staat gelys as respondente in dié aansoek.

Regter Chinhengo het in sy aansoek verduidelik die meerderheid redes wat Van Wyk in sy aansoek lys vir verlof tot appèl, verband hou met sy medebeskuldigdes.

"In die argumente spreek hy ’n kwessie aan wat verband hou met beskuldigdes 3 (Sacky Shangala), 4 (Bernhard Esau) en 5 (Tamson Hatuikulipi). Hy het ook 'n probleem met ’n opmerking wat ek in die uitspraak gemaak het dat hy nie daarop geregtig was om die leisels oor te neem namens die ander beskuldigdes nie," het Chinhengo in sy uitspraak gesê.

Hy het verduidelik dat Van Wyk se argumente namens die ander beskuldigdes veral foutief was, aangesien geen van die ander beskuldigdes hul gemene doel met van Wyk bekend gemaak het nie. Dit ten spyte van die feit dat almal in kennis gestel is van sy aansoek en teenwoordig was toe die aansoek aangehoor is.

TAMSON VRA WEER BORG

Die Fishrot-beskuldigde, Tamson Hatuikulipi, hou vol alle onderhandelinge tussen hom en die Yslandse maatskappy Samherji, wat na bewering hoëlui in die regering omgekoop het vir viskwotas, was wettig. Toe hy verlede week die getuiebank ingeneem het om te getuig in sy derde borgtogaansoek wat volgens hom gebaseer is op nuwe feite, het hy aangedring dat hy geen hand in die beweerde Fishrot-korrupsieskandaal het nie.

“Ek was nooit deel daarvan nie. My sake met Samherji was wettig en het binne die raamwerk van die Namibiese wetgewing plaasgevind,” het hy voor regter David Munsu getuig.

“Die enigste plunder van hulpbronne wat kan plaasvind, is deur viskwotas en wat deur die minister van visserye en nie deur my toegeken is nie,” het hy gesê.

Hatuikulipi se aansoek om borgtog sal verder aangehoor word vanaf 20 tot 23 Augustus wanneer hy na verwagting onder kruisondervraging sal wees.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!