Berader sal nie vervolg word vir tienerverkragting
Dring aan op heraanstelling, vergoeding
Die tiener is aan Kaundu toevertrou vir berading nadat sy vantevore verkrag is en op 14 swanger geraak het.
Kenya Kambowe op Rundu – Die aanklaer-generaal, Martha Imalwa, het besluit om nie 'n 43-jarige maatskaplike werker van Nkurenkuru wat daarvan aangekla is dat hy 'n 16-jarige tiener verkrag en swanger gemaak het, te vervolg nie. Dit nadat ‘n DNS-toets bewys het hy is nie die pa is nie.
Die inligting is vervat in 'n brief gedateer 9 Julie waarin Imalwa aangedui het dat sy op grond van die beskikbare bewyse weier om Markus Nairenge Kaundu, wat in 2021 gearresteer en aangekla is, te vervolg.
Die tiener is aan Kaundu toevertrou vir berading nadat sy verkrag is en swanger geraak het.
Sy het haar eerste kind op die ouderdom van 14 gehad.
Alhoewel die DNS-resultate in Mei in die periodieke hof op Kahenge bekend gemaak is, is die verkragtingsklag teen Kaundu teruggetrek.
Landdros Sonia Samupofu van Rundu het Dinsdag die saak van die rol geskarap.
Kaundu was uit op borgtog van N$5 000 ná sy inhegtenisname in 2021.
Sy regsverteenwoordiger was Bernhard Tjatjara.
HERAANSTELLING
Tjatjara het intussen aan die ministerie van geslagsgelykheid, armoede-uitwissing en maatskaplike welsyn geskryf om Kaundu weer aan te stel en hom te vergoed vir die tyd wat hy sy onbepaalde skorsing uitgedien het.
Die brief is gerig aan die uitvoerende direkteur van die ministerie, Esther Lusepani.
“Ons skryf hiermee om u kantoor in kennis te stel dat, vandag 11 Julie 2023, die strafsaak teen ons kliënt ... deur die hof by die periodieke hof op Kahenge teruggetrek is op versoek van die aanklaer-generaal,” het Tjatjara geskryf.
“Om verder lig te werp, is die saak onder meer teruggetrek omdat die DNS-resultate ons kliënt van betrokkenheid by die pleging van die beweerde misdryf vrygespreek het aangesien dit wetenskaplik bewys is dat hy nie die pa is van die kind wat met die vermeende minderjarige verwek is - volgens die hofbevel op die klagstaat.
“Ons het nou opdragte om van u te eis dat ons kliënt se skorsing herroep word en hy toegelaat word om sy pligte te hervat - ingevolge artikel 26, subartikel 2 (c) (ii) van die Staatsdienswet nr. 13 van 1995 - binne 14 werksdae vanaf die datum van ontvangs van hierdie aanmaningsbrief.
“Ons eis verder hiermee dat ons kliënt sy volle vergoeding moet ontvang vir die tydperk van sy skorsing wat terugwerkend vanaf 18 November 2021 moet geld.”
republikein@republikein

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie