Beslag op twee visserskepe gelê

Tanja Bause,Kristien Kruger
Die adjunkbalju het verlede week op Skeleton Coast Trawling se visserskepe, die Kowares en Komukandi, beslag gelê ingevolge ’n lasbrief vir eksekusie wat die hoërhof in Windhoek uitgereik het.

Dit volg nadat Nautilus Fishing ’n arbitrasietoekenning verkry het wat beslis die maatskappy is geregtig op N$14,7 miljoen van die winste ten opsigte van sy gesamentlike onderneming met Skeleton Coast Trawling.

Die arbitrasietoekenning is op 26 Oktober ’n bevel van die hof gemaak en die lasbrief is op 1 November aan die adjunkbalju, Pieter van Heerden, uitgereik nadat Skeleton Coast Trawling glo versuim het om die bedrag te betaal.

Hoewel daar beslag op die skepe gelê is, sal dit nog nie op eksekusie tydens ’n openbare veiling verkoop word nie, aangesien Skeleton Coast Trawling ’n aansoek om appèl teen die hofbevel gebring het.

“’n Kennisgewing van appèl is ingedien en ’n aansoek is gebring vir die vrystelling van die visserskepe en die oorhandiging van die sertifikate om met bedrywighede te kan voortgaan,” het Van Heerden gesê.

Volgens die kennisgewing van appèl wat by die hof ingedien is, is die aansoek gebring op grond van die bewering dat regter George Coleman ’n fout begaan het.

“Hulle werk tans aan die skepe en hulle sou in elk geval eers teen 13 November uitgevaar het,” het Van Heerden bevestig.

ARBITRASIE

Nautilus Fishing en Skeleton Coast Trawling het in 2007 ’n gesamentlike onderneming gevorm.

Die ooreenkoms het betrekking op die uitbuiting van ’n visvangreg wat aan Nautilus Fishing toegeken is en bevat ’n arbitrasieklousule.

’n Dispuut het ontstaan ten opsigte van die gesamentlike onderneming en die aangeleentheid het deur ’n arbitrasieproses gegaan.

Die arbitrasietoekenning was ten gunste van Nautilus Fishing. In terme van die toekenning is beslis dat Nautilus Fishing geregtig is op 50% van die gesamentlike onderneming se winste wat sowat N$14,7 miljoen beloop.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-12-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 24° | 37° Rundu: 19° | 33° Eenhana: 21° | 25° Oshakati: 20° | 26° Ruacana: 21° | 27° Tsumeb: 20° | 27° Otjiwarongo: 17° | 25° Omaruru: 20° | 31° Windhoek: 19° | 27° Gobabis: 19° | 27° Henties Bay: 16° | 22° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 22° Rehoboth: 21° | 32° Mariental: 24° | 35° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 23° | 35° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 20° | 34° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 20° | 29° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 28° Antananarivo: 13° | 32° Lilongwe: 22° | 34° Maputo: 23° | 39° Windhoek: 19° | 27° Cape Town: 18° | 22° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 22° | 35° Harare: 22° | 33° #REF! #REF!