Die hoërhof in Windhoek Foto Argief
Die hoërhof in Windhoek Foto Argief

Beweerde kinderverkragter bly in aanhouding

Kristien Kruger
’n Man wat na bewering verskeie kere sy broer se tienjarige dogtertjie verkrag het, se appèl teen die weiering van sy borgtogaansoek is vandag in die hoërhof in Windhoek van die hand gewys.

Mnr. Phillipus Karigub is in Maart 2021 in hegtenis geneem en sy eerste borgtogaansoek in die landdroshof op Gobabis is van die hand gewys.

Hiertydens het die hoofondersoekbeampte in die saak getuig dat Karigub na bewering in sy meisie se teenwoordigheid die tienjarige verkrag het. Tydens ’n ander geleentheid het twee minderjarige seuns glo op die toneel afgekom en hul oupa daarvan vertel. ’n Ander ooggetuie het na bewering gesien hoe Karigub die meisie in ’n hondehok verkrag het.

“Die appellant [Karigub] het in sy verdediging nie die meriete van die saak getakel nie en het bloot die klagte ontken. Die landdroshof het bevind dat die staat ’n sterk saak teen hom het en het die erns van die misdryf in ag geneem, asook die strawwe vonnis wat waarskynlik opgelê sou word. Die hof het bevind dat dit nie in openbare belang of regspleging sou wees om die appellant op borgtog vry te laat nie.”

“Die hoërhof is nie oortuig dat die landdroshof sy diskresie verkeerd uitgeoefen het nie en het beslis dat daar geen gronde is om met die uitspraak in te meng nie,” lui regter Naomi Shivute en Christie Liebenberg se uitspraak.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!