Binneverhoor eindig in Lichtenstrasser-saak
Saak uitgestel tot 5 Desember
Die dubbele moordbeskuldigde het glo skuld erken nadat ondersoekbeamptes gedreig het om sy vrou in hegtenis te neem.
Kristien Kruger en Iréne-Mari van der Walt – In die binneverhoor waarin die toelaatbaarheid van ’n skuldbekentenis onder die loep is, het die dubbele moordbeskuldigde, mnr. Ernst Lichtenstrasser, beweer ondersoekbeamptes het gedreig om sy vrou in hegtenis te neem indien hy nie skuld erken nie.
Staatsaanklaer Antonia Verhoef het aangevoer dat Lichtenstrasser aanhoudend nuwe inligting by sy getuienis voeg en het hom verskeie kere daarvan beskuldig dat hy inligting opmaak. Dit het veral betrekking tot die doen en late van die ondersoekbeamptes tydens Lichtenstrasser se ondervraging.
Die betrokke ondersoekbeamptes het reeds getuig en Verhoef het uitgewys dat dié nuwe inligting wat Lichtenstrasser nou vir die eerste keer bekend maak, nie deur sy regsverteenwoordiger tydens kruisondervraging aan hierdie getuies gestel het nie.
Lichtenstrasser beweer die onderhoudvoerders het vir hom gesê die koeëldoppies op die moordtoneel is dieselfde as dié wat in sy huis gevind is.
Hy het gesê die koeëldoppies was nie syne nie, waarna die beamptes glo gesê het dit moet seker dan aan se vrou behoort.
Een van die beamptes het na bewering op 14 Mei aan Lichtenstrasser gesê hy is op pad om sy vrou in hegtenis te neem.
Lichtenstrasser het hom glo gesmeek om dit nie te doen nie. Hy het verder getuig hy was onder die indruk indien hy skuld sou erken, hulle sy vrou sou uitlos.
Verhoef het Donderdag aangevoer dié weergawe van gebeure is onwaar, aangesien dit nog nooit vantevore in die verhoor of selfs die binneverhoor genoem is nie.
MEDIESE BESOEK
Lichtenstrasser het verlede week getuig sy hongerstaking was weens die feit dat hy kontak met ’n dokter, ’n prokureur en sy vrou geweier is.
Nadat hy voor ’n landdros op Swakopmund verskyn het, het hy die geleentheid gehad om sy vrou te bel en te vra om sy prokureur te kontak.
Lichtenstrasser het getuig hy het op 23 of 28 Mei 2019 ’n dokter gesien.
Verhoef het ook dié deel van Lichtenstrasser se getuienis in twyfel getrek. Sy het verwys na polisierekords wat aandui dat hy die oggend van 16 Mei vir ’n besoek aan die staatskliniek op Walvisbaai uitgeteken is.
Hy is volgens polisierekords die volgende dag teruggeneem vir ’n doktersbesoek waartydens medikasie aan hom voorgeskryf is.
Die saak is tot 5 Desember uitgestel vir regter Christie Liebenberg om uitspraak oor die toelaatbaarheid van Lichtenstrasser se bekentenis te lewer.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie