Boer aangekla van moord op ‘stroper’
Gister borgtog geweier
'n Boer staar 'n moordklag in die gesig ná hy glo 'n vermeende stroper op sy plaas in die Otavi-omgewing geskiet het.
’n Boer (74) van die Otavi-omgewing is Sondag in hegtenis geneem en is gevolglik van moord aangekla.
Dit volg nadat hy na bewering ’n vermeende stroper op sy plaas Sergberg no. 585 betrap en doodgeskiet het.
Calvin Mahoshi en sy plaaswerker het volgens die polisie die plaas Saterdag gepatrolleer toe hulle op drie pare verdagte voetspore afgekom het.
Hulle het die spore gevolg toe hulle omstreeks 19:00 ’n man op die vlug sien slaan het. Hulle het vermoed dat die man ’n stroper is.
Die vermeende stroper het na bewering die bosse ingevlug en het toe op Mahoshi en sy plaaswerkers begin skiet.
Mahoshi het glo twee skote in die lug afgevuur, maar die vermeende stropers het aangehou om in hul rigting te skiet. Die mans het glo heen en weer geskiet tot dit donker geword en Mahoshi en sy werker teruggekeer het huis toe.
Sondag omstreeks 08:00 het Mahoshi en sy plaaswerker teruggegaan na die toneel om ondersoek in te stel. Hulle het die toneel gefynkam en op die lyk van ’n man met ernstige kopwonde afgekom.
Mahoshi het die saak by die polisie aangemeld en hy is in hegtenis geneem. Die polisie het beslag op sy vuurwapen gelê. Vier patroondoppies – vermoedelik van sy vuurwapen – is op die toneel gevind.
OORLEDENE
Die oorlede is as die 43-jarige Saul Gariseb geïdentifiseer.
Dit het intussen aan die lig gekom dat Gariseb op die buurplaas Summas gekuier het.
Draadstrikke is ook na bewering by sy liggaam gevind.
Die polisiewoordvoerder in die Otjozondjupastreek, inspekteur Maureen Mbeha, het gesê Mashoshi het gisteroggend in die landdroshof op Otavi verskyn en is borgtog geweier. Die saak is tot 11 Augustus uitgestel.
“Die twee mans wat saam met die oorledene was, is beboet in verband met klagte van onregmatige betreding en vrygelaat nadat hulle skulderkenningsboetes betaal het. Die vuurwapen wat aan die vermeende stropers behoort, is Maandagoggend gevind. Dit is in die omgewing waar die lyk gevind is, gekry. Tot dusver is daar geen patroondoppies vir die vuurwapen gevind nie. Die ondersoek duur voort,” het Mbeha gesê.
– [email protected] en [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie