Booys se aansoek om borgtog faal (weer)
Reeds drie jaar in aanhouding
Die oud-parlementariër se dogter het verlede jaar teen hom in die Windhoek-landdroshof getuig.
Die voormalige Okahandja-streekraadslid en parlementariër, Steve (Biko) Booys, se vyfde aansoek om borgtog is vandeesweek van die hand gewys.
Booys het in dié aansoek die hof gevra om hom sonder enige borgtogvoorwaardes op borgtog van N$10 000 vry te laat. Landdros Leonard Hangalo het dié aansoek Maandag in die Windhoek-landdroshof van die hand gewys.
Booys staan tereg op aanklagte van verkragting en bloedskande en word daarvan beskuldig dat hy sy dogter twee keer in Januarie 2021 in sy huis op Okahandja verkrag het.
NUWE FEITE
Booys se borgtogaansoek was op nuwe feite gebaseer en een van die gronde waarop hy gesteun het, is die feit dat sy verhoor reeds in ’n gevorderde stadium is met meeste staatsgetuies wat reeds getuig het. Hy meen dus daar is nie meer ’n gevaar dat hy by getuies sal inmeng nie.
Sy dogter, wat die klaer in die saak is, het ook reeds in die verhoor getuig.
Hy meen verder ’n fotoplan waarop die staat grootliks gesteun het in hul saak teen hom, is as ontoelaatbaar verklaar. Hy het aangevoer dit is ’n nuwe feit wat in sy jongste borgtogaansoek in ag geneem moet word.
ONTTREKKINGSAANSOEK
Booys het in sy hoofverhoor ’n aansoek gebring dat die landdros homself aan sy verhoor moet onttrek en het tydens sy borgtogaansoek aangevoer dit kan moontlik sy verhoor vertraag.
Hy het beweer die landdros wat sy strafsaak aanhoor, is bevooroordeeld en as sy onttrekkingsaansoek suksesvol is, sal sy verhoor van voor af moet begin.
Hy het aangevoer dit sal veroorsaak dat hy nog langer in aanhouding sal bly en het daarop gewys dat hy reeds drie jaar agter tralies deurgebring het.
Hy het homself in Februarie 2021 aan die owerhede oorgegee en is sedertdien in aanhouding.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie