Borg van N$5 000 vir jaende konstabel

Besit glo geen rybewys
Beeldmateriaal van 'n polisiekonstabel wat deur huise se omheinings gejaag het, is die afgelope naweek in die sosiale media versprei.
Kristien Kruger
Die konstabel van die Windhoekse polisie wat Saterdagmiddag in hegtenis geneem is nadat hy met sy privaat voertuig deur drie eiendomme in Hochlandpark gejaag het, is gister op borgtog vrygelaat.

Konstabel Vetondouua Kanguatjivi was na bewering onder die invloed van drank toe hy omstreeks 15:45 op die kruising van Sekretar- en Penguinstraat deur twee huise se omheinings gery en groot skade aangerig het.

Hy het glo ook nie ’n geldige rybewys gehad nie.

Kanguatjivi het gister in die Windhoekse landdroshof verskyn en is borgtog van N$5 000 toegestaan.

Hy staan tereg op klagte van dronkbestuur, opsetlike beskadiging van eiendom en die bestuur van ’n voertuig sonder 'n rybewys.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!