Borgtog teengestaan ná Mans-ongeluk
Howe
Die motorbestuurder wat op die toneel in hegtenis geneem is ná die noodlottige botsing met die fietsryer en voormalige nasionale rugbykaptein Gerhard Mans (60) Woensdagoggend, het vanoggend sy eerste hofverskyning in Katutura gemaak.
Jafet Paulus (31), ’n Namibiese burger met ’n woonadres op Karibib, is van strafbare manslag aangekla. Hy bly in aanhouding, hangende die indiening van ’n formele aansoek om borgtog.
Met sy gesig grootliks verbloem agter ’n masker het Paulus aangehoor dat die staat borgtog teenstaan op grond van vrese dat hy op die vlug kan slaan vanweë die erns van die klagte teen hom; of dat hy met die ondersoek of die getuies kan inmeng.
Die staat oorweeg ook die byvoeging van verdere aanklagte, hangende die vordering van die ondersoek waarin die nadoodse ondersoekverslag en die beskuldigde se alkoholtoetsuitslag nog afgewag word.
Die beskuldigde is deur mnr. Moses Ikanga verteenwoordig. Landdros Ilge Rheent het die saak vir verdere ondersoek tot 22 Julie uitgestel.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie