Borgtog vir man wat glo minderjarige verkrag
Staat staan aansoek teen
'n Windhoeker kon Vrydag daarin slaag om op borgtog van N$6 000 vrygelaat te word nadat hy formeel in die landdroshof om borgtog aansoek gedoen het.
’n Windhoeker wat etlike weke in aanhouding was nadat hy in Februarie vanjaar in hegtenis geneem is toe hy na bewering ’n 14-jarige meisie verkrag het, is op borgtog vrygelaat.
Mnr. Etienne Fourie (40) kon Vrydag daarin slaag om op borgtog van N$6 000 vrygelaat te word nadat hy formeel in die landdroshof in Windhoek voor landdros Ivan Gawanab daarvoor aansoek gedoen het.
Die staatsaanklaer, mnr. Rowan van Wyk, het borgtog teengestaan weens die erns van die klag, die moontlikheid dat die beskuldigde by getuies kan inmeng, die risiko dat hy na Suid-Afrika kan vlug en die sterk bewyse wat die staat teen hom het.
Fourie se regsverteenwoordiger, mnr. Johan van Vuuren, het aangevoer sy kliënt het geen rede om te vlug nie, aangesien sy familie in Namibië is en hy nie tans oor ’n geldige paspoort beskik nie.
Beide die meisie en haar pa het tydens vorige borgverskynings teen Fourie getuig.
Die meisie is na bewering by haar ouerhuis verkrag. Fourie was die betrokke dag by hulle aan huis.
Hy moet weer op 30 Mei in die hof verskyn.
Van Wyk het aan die hof gesê selfoonbeeldmateriaal maak deel uit van die ondersoek teen Fourie. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie