Foto Kristien Kruger
Foto Kristien Kruger

Boulter se aansoek teen vervolging misluk

'AG se besluit was rasioneel’
Harvey Boulter se strafregtelike verhoor is steeds hangend in die hoërhof in Windhoek.
Kristien Kruger
“In die omstandighede is die aanklaer-generaal se besluit om [Harvey Boulter] te vervolg en om met sy vervolging voort te gaan, redelik en rasioneel.”

Só het regter Herman Oosthuizen Vrydag in die hoërhof in Windhoek gesê toe hy dié Britse miljardêr se aansoek om sy vervolging vir moord tersyde te laat stel, van die hand gewys het.

Die aanklaer-generaal, Martha Imalwa, het tydens die aanhoor van die aansoek beweer dat haar besluit nie deur ’n siviele hof hersien kan word nie.

“Die vervolging moet voortgaan vir die strafhof om homself oor die skuld of onskuld van die aansoeker uit te spreek.”

Hoewel Oosthuizen bevind het dat Imalwa se besluit hersien kan word, het hy beslis haar besluit om Boulter te vervolg op aanklag van moord rasioneel was.

‘Wanneer die AG ’n besluit neem om te vervolg moet hy/sy redelike en waarskynlike rede hê om dit te doen.

“Die hooggeregshof in Namibië het aanvaar dat die AG in hom/haar besluit ’n eerlike geloof in die skuld van die persoon moet hê,” het Oosthuizen in sy uitspraak gesê.

Hy het verder daarop gewys dat die AG ’n “subjektiewe oortuiging” moet hê dat die persoon aan die klagte skuldig is. Hy meen dié oortuiging kan bereik word deur die feite en bewerings in ag te neem wat dalk nie toelaatbaar is om iemand in ’n hof skuldig te bevind nie.

“In die neem van ’n besluit om te vervolg, word daar nie van die AG verwag om bevindinge te maak of ’n oortuiging bo redelike twyfel te hê ​​nie, haar subjektiewe oortuiging dat die persoon waarskynlik skuldig is, sal voldoende wees.”

Oosthuizen het in sy uitspraak benadruk dat Boulter moes bewys dat Imalwa nie subjektief in sy skuld geglo het toe sy haar besluit geneem het nie.

Hy het die aansoek op grond daarvan van die hand gewys en beveel dat Boulter die koste van die hofaansoek moet betaal.

VERHOOR DUUR VOORT

Boulter se strafregtelike verhoor is steeds hangend in die hoërhof in Windhoek.

Hy staan tereg op moord en ander klagte wat verband hou met die wet op vuurwapens. Die staat voer aan dat hy sy plaaswerker, Gerhard van Wyk sr., op 27 Februarie 2021 met opset geskiet het nie.

Boulter beweer die skoot het afgegaan midde ’n bakleiery terwyl Van Wyk probeer het om Boulter se 9 mm-pistool by hom af te neem.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-09-14

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Real Betis 2 vs 0 Leganés European Championships Qualifying: Hull City 0 vs 2 Sheffield United English Championship: Hull City 0 vs 2 Sheffield United Katima Mulilo: 19° | 40° Rundu: 22° | 39° Eenhana: 19° | 37° Oshakati: 19° | 36° Ruacana: 19° | 36° Tsumeb: 23° | 34° Otjiwarongo: 19° | 32° Omaruru: 16° | 33° Windhoek: 17° | 30° Gobabis: 13° | 30° Henties Bay: 11° | 15° Wind speed: 28km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:14, High tide: 05:25, Low Tide: 23:45, High tide: 17:42 Swakopmund: 11° | 14° Wind speed: 34km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:12, High tide: 05:23, Low Tide: 23:43, High tide: 17:40 Walvis Bay: 11° | 19° Wind speed: 39km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:12, High tide: 05:22, Low Tide: 23:43, High tide: 17:39 Rehoboth: 11° | 30° Mariental: 9° | 26° Keetmanshoop: 7° | 24° Aranos: 9° | 27° Lüderitz: 9° | 22° Ariamsvlei: 7° | 23° Oranjemund: 11° | 18° Luanda: 21° | 22° Gaborone: 21° | 36° Lubumbashi: 17° | 35° Mbabane: 13° | 30° Maseru: 13° | 28° Antananarivo: 11° | 26° Lilongwe: 21° | 31° Maputo: 20° | 29° Windhoek: 17° | 30° Cape Town: 12° | 18° Durban: 17° | 20° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 23° | 34° Harare: 19° | 31° #N/A #N/A