Brandmoord: Verhoor uitgestel
Die verhoor van die man van Ariamsvlei wat na bewering petrol op sy meisie en 13 maande oue baba gegooi en aan die brand gesteek het, se verhoor is vanoggend uitgestel nadat twee getuies aangehoor is.
Die staatsaanklaer het aangedui dat hy slegs twee getuies kon reël vir vandag se verrigtinge in die hoërhof in Windhoek en het versoek dat die saak tot môre uitgestel word.
Daar is glo twee staatsgetuies wat vandag vanaf Keetmanshoop reis om môre te getuig.
Een van die getuies wat vanoggend getuig het, was die verpleegster wat die babameisie se brandwonde behandel het en die ander was ’n verpleegster van die hospitaal op Karasburg waar die oorledene opgeneem was voordat sy na Keetmanshoop oorgeplaas is.
Die voorval het op 1 Januarie 2020 plaasgevind. Die vrou wat aan die brand gesteek is, Michelle Roelph, is op 12 Januarie dood nadat 81% van haar liggaam met brandwonde bedek was.
Die beskuldigde, mnr. Manfred Links, bly in aanhouding by die Windhoek Sentrale Gevangenis en die saak hervat môre voor regter Christie Liebenberg.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie