Brian Roodt weer agter tralies

Francoise Steynberg
Die beweerde wildmisdadiger en meester-jaggids Brian Roodt is weer agter tralies.

Hy is ná sy hofverskyning op 29 Oktober in die Windhoek-landdroshof weer in hegtenis geneem in verband met ’n beweerde wildmisdaadklag in die Outjo-distrik. Roodt sou op dié dag pleit, maar sy verhoor is tot 11 Junie 2025 uitgestel omdat sy prokureur, Gilroy Kasper, nie beskikbaar was nie.

Roodt, die eienaar van Quality Hunting Safaris, is in aanhouding op Outjo en sal vandag saam met ’n medebeskuldigde in die dorp se landdroshof verskyn.

Hy staan tereg op verskeie wildmisdaadsake, waar onder sewe aanklagte in die Dordabis-distrik. Dit hou verband met die versuim om aan natuurbewaringsregulasies te voldoen.

Hy het na bewering versuim om ’n jaarlikse jagverslag te voorsien oor waar, wanneer en watter wildspesies hy gejag het, asook die jagtrofeegetalle en name en nasionaliteite van sy kliënte. In dié verband het Roodt na bewering ook verkeerde inligting verskaf oor ’n seekoeijag met ’n Hongaarse kliënt wat hy nie aangemeld het nie. – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-01-05

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 30° Rundu: 19° | 33° Eenhana: 19° | 31° Oshakati: 21° | 29° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 18° | 28° Otjiwarongo: 17° | 25° Omaruru: 19° | 29° Windhoek: 19° | 28° Gobabis: 20° | 25° Henties Bay: 17° | 21° Swakopmund: 17° | 18° Walvis Bay: 18° | 22° Rehoboth: 20° | 29° Mariental: 20° | 31° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 29° Lüderitz: 16° | 27° Ariamsvlei: 20° | 34° Oranjemund: 16° | 23° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 29° Lubumbashi: 18° | 20° Mbabane: 19° | 30° Maseru: 17° | 19° Antananarivo: 14° | 29° Lilongwe: 19° | 24° Maputo: 26° | 40° Windhoek: 19° | 28° Cape Town: 18° | 22° Durban: 22° | 27° Johannesburg: 18° | 24° Dar es Salaam: 25° | 29° Lusaka: 18° | 24° Harare: 17° | 22° #REF! #REF!