Brockerhoff en kie weer in hof

Saak uitgestel tot 30 Julie
Die twee beskuldigdes sal glo 'n formele aansoek om borgtog bring nadat hulle met hul eerste verskyning borgtog geweier is.
Kristien Kruger
Die vermeende stroper en gewoontemisdadiger Derick Brockerhoff (47) sal na verwagting ’n formele aansoek om borgtog bring en weer op 30 Julie in die hof verskyn.

Brockerhoff en sy medebeskuldigde, Markus Rooinasie (27), het Vrydag in die landdroshof in Windhoek verskyn nadat hulle verlede maand borgtog geweier is. Beide beskuldigdes het steeds nie prokureurs gehad nie en is sedert hul arrestasie op 11 April sonder regsverteenwoordiging.

Brockerhoff het tydens hul eerste hofverskyning aangedui dat hy van ’n private regsverteenwoordiger gebruik wil maak en Rooinasie om regshulp sal aansoek doen.

OP HETERDAAD BETRAP

Beide verskyn op ’n aanklag van die onwettige jag van jagbare wild nadat ’n bekende buurtwaglid en sekuriteitsbeampte hulle met ’n gemsbok- en koedoekarkas en ’n Remington-jaggeweer in die berge agter Windhoek se Eros-woonbuurt betrap het.

Die staatsaanklaer, Amize Adams, het tydens hulle eerste verskyning daarop gewys dat Brockerhoff tans sewe hangende sake – wat wissel van veediefstal tot wildstropery – teen hom aanhangig het.

‘REEKS-STROPER’

Die sake strek glo oor gebiede vanaf oos na wes oor verskeie streke van die land.

Volgens Adams is Brockerhoff in onderskeidelik 2016 en 2023 reeds skuldig bevind aan oortredings van onwettige jag en daar is nog lasbriewe vir inhegtenisname uitstaande.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!