Bronkhorst (vir nou) agter tralies
Verskyn weer op 15 Julie
Michael Bronkhorst se beweerde kriminele-kaartehuis het in duie gestort nadat 'n sekwestrasiebevel vroeër vanjaar teen hom verkry en hy onlangs in hegtenis geneem is.
Die bekende Windhoekse sakeman en makelaar Michael Bronkhorst is tans in polisieaanhouding,nadat hy verlede week in hegtenis geneem is op twee bedrogklagte met betrekking tot sowat N$2,7 miljoen.
Dit volg nadat daar in April vanjaar ’n sekwestrasiebevel teen Bronkhorst uitgereik is om sowat N$103 miljoen te verhaal.
BEDROG EN BORGTOG
Volgens die klagstaat het Bronkhorst besonderhede van 'n bankrekening aan mense gegee onder valse voorwendsels dat dit aan Momentum Trust/Insurance behoort. Kontant is in werklikheid egter na sy eie rekening oorgeplaas en hy het op dié manier na bewering twee mense uit meer as N$2,7 miljoen bedrieg.
Tydens Bronkhorst se verskyning in die Windhoekse landdroshof het landdros Jurina Hochobes die saak uitgestel tot 15 Julie vir verdere ondersoek en Bronkhorst sal vir tyd en wyl in aanhouding bly.
Die staatsaanklaer, Eric Naikaku, het Bronkhorst se vrylating op borgtog teengestaan en aangevoer dat hy ernstige klagte in die gesig staar en dat die staat bang is dat hy by die ondersoek sal inmeng.
Hochobes sal tydens die volgende verskyning op 15 Julie, die kwessie van borgtog hanteer.
BRONKHORST ‘FEITELIK INSOLVENT’
Die direkteur van Petrichor Capital, Heinrich Jansen van Vuuren, wat die sekwestrasiebevel teen Bronkhorst verkry het, het aan Republikein gesê dat Petrichor ’n slagoffer was van ʼn doelbewuste aanslag in terme waarvan die maatskappy deur ʼn web van bedrog, vervalsings en gesofistikeerde identiteitsdiefstal besteel is.
Volgens Jansen van Vuuren het Bronkhorst - nadat die bedrogskema aan die lig gekom het - ingestem om die geld terug te betaal.
Bronkhorst is egter glo feitelik insolvent, met die realiseerbare waarde van sy bates wat sowat N$38 miljoen beloop en ver te kort skiet van die bedrag wat hy Petrichor skuld.
Bronkhorst se bates sluit in 'n plaas wat op sowat N$27 miljoen gewaardeer is met 'n verband van sowat N$16 miljoen. Hy het ook ’n luukse huis in Klein Windhoek in die hoofstad ter waarde van ongeveer N$5,3 miljoen, maar daar is ook 'n verband op die huis vir die volle waarde daarvan.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie