Buitelandse maatskappy trek eis teen Beefcor terug
Moet plaaslike vleisverskaffer se regskostes dek
Die GPS Food Group het die saak teruggetrek waarin hy beweer Beefcor het vleis aan die maatskappy verskaf wat met salmonella besmet was.
’n Buitelandse maatskappy, wat ’n plaaslike vleisverskaffer daarvan beskuldig het dat hy beesvleis verkoop wat met salmonella besmet is, het sy aansoek in die hoërhof teruggetrek.
Regter Herman Oosthuizen het in ’n hofbevel gesê die GPS Food Group, wat vleisprodukte in Europa en Noorweë versprei, het sy eis ter waarde van N$2,4 miljoen teen Beefcor Meat Suppliers waarin hy beweer Beefcor het die besmette vleis in Februarie 2022 aan hulle gestuur, teruggetrek. GPS Food is beveel om Beefcor se regskostes te dek.
Beefcor het by monde van sy regsverteenwoordiger, Chrissie Turck, die belangrikheid en kwaliteit van vleisuitvoere uit Namibië beklemtoon.
“Die doeltreffende funksionering van uitvoerabattoir is van kritieke belang vir Namibië se ekonomie en boerderygemeenskap.
“Beefcor verseker dat hy te alle tye voldoening aan uitvoerregulasies prioritiseer om te verseker dat Namibiese beesvleis die hoogste aansien in die buiteland geniet.
“Beefcor het ook geleer dat die waarde van ’n betroubare buitelandse vennoot net so belangrik is soos die daaglikse bestuur van die abattoir,” het Turck namens Beefcor gesê.
In die twee jaar wat Beefcor vleis aan GPS Food verskaf het, was die eis wat ingedien is, volgens Turck die enigste aanduiding van die beweerde besmette vleis.
AGTERGROND
Beefcor en GPS Food, wat in die Verenigde Koninkryk gebaseer is, het in Oktober 2021 ’n skriftelike ooreenkoms aangegaan vir die uitvoer en verskaffing van premium ontbeende Namibiese beesvleissnitte aan óf die Europese Unie (EU) óf Noorweë.
GPS Food het in sy eisbesonderhede beweer dat Beefcor dié ooreenkoms verbreek het deur beesvleisprodukte wat met salmonella besmet was en nie meer geskik was vir menslike gebruik nie, uit te voer en te verkoop.
Die maatskappy het ook beweer dat Beefcor versuim het om hom ten volle te vergoed vir die verliese wat hy gely het as gevolg van kontrakbreuk.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie