Buitelandse vroueregter ingesweer

Iréne-Mari van der Walt
Hoofregter Peter Shivute het gister vir Rita Makarau as waarnemende regter in die hooggeregshof ingesweer.

Dit volg ná die ministerie van justisie in April ’n verklaring uitgereik het wat spekulasies oor haar politieke bande uitgelig het.

Volgens ’n berig in ’n plaaslike Engelse dagblad was daar kommer onder plaaslike opposisiepartye oor Makarau se bande met die voormalige Zimbabwiese president, Robert Mugabe, se omstrede regime.

“Haar aanstelling het niks te doen met die verkiesing in Namibië nie en haar politieke bande, indien enige, is ’n persoonlike saak wat geensins die oorweging en aanbeveling van die regterlike dienskommissie beïnvloed het nie,” lui die verklaring.

Die ministerie het bygevoeg Makarau het voldoende kwalifikasies om as lid van die regbank te dien.

“Regter Makarau het ’n magdom regservaring in die pos, nadat sy beide as ’n aanklaer en ’n regspraktisyn gewerk het. Sy het omvattende ervaring wat oor 22 jaar strek en aanstellings as ’n regter, die regterpresident van die hoërhof in Zimbabwe en ’n regter van die hooggeregshof in Zimbabwe.”

’n Plaaslike prokureur, Norman Tjombe het egter Makarau se lof besing en haar as “beginselvas” beskryf.

Shivute het gesê met die aanstelling van Makarau is die howe se doel om meer vrouestemme in die hooggeregshof te hê, en vir die regbank om die diversiteit in die land te weerspieël.

“Ons vorige ervaring het bewys met die indiensneming van regsbeamptes van ons buurlande en ander lande, dit ons regspraak en die werk van ons howe verbeter het. Ek het geen twyfel dat regter Makarau se aanstelling op ons regbank enigsins sal verskil nie,” het Shivute gesê.

Die Zimbabwiese ambassadeur in Namibië, Melody Chaurura, het ook die insweringsgeleentheid bygewoon, en was ook vol lof vir Makarau.

“Ek is seker die doel (van die ministerie) is duidelik – om kenners met verskillende opinies, bymekaar te sit om kwessies in te sien en te ontleed,” het Chaurura gesê.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!