Caprivi-hoogverraadsaak kom ná 20 jaar tot ’n einde
Vonnisse gister opgelê
Die regter het in sy uitspraak daarop gewys dat die beskuldigdes se uitgerekte tydperk in aanhouding in ag geneem is by die oplegging van hul vonnisse.
Sedert hul inhegtenisneming in 2002 is sewe mans wat ’n gewapende opstand teen die regering in die Zambezistreek – die voormalige Caprivistreek – beplan het, uiteindelik gister gevonnis.
Dit kom nadat hul aanvanklike vonnisse tersyde gestel is en die saak in 2014 van vooraf moes begin.
Die groep, waarvan die jongste 59 is, is in Julie vanjaar skuldig bevind aan hoogverraad, die ongemagtigde invoer van wapens, die besit en verskaffing van vuurwapens, die onwettige besit van ammunisie en die oortreding van die immigrasiewet.
Regter Petrus Unengu het gister in die hoërhof in Windhoek Progress Munuma (64) tot effektief 16 jaar tronkstraf gevonnis. Hoewel hy 26 jaar tronkstraf vir hoogverraad opgelê is, is die vonnis met tien jaar opgeskort. Munuma is beskryf as ’n leier van ’n separatistiese organisasie wat tussen 1998 en die einde van 2003 in die voormalige Caprivistreek bedrywig was.
Vyf van die sewe beskuldigdes, Shine Samulandela (59), Alex Mushakwa (62), Frederick Ntambilwa (62), Hoster Ntombo en John Tembwe, is 20 jaar tronkstraf opgelê vir hoogverraad, waarvan agt jaar opgeskort is. Hulle sal dus nog 12 jaar agter tralies deurbring. Die oudste van die groep, Manuel Makendano (78), is tot vyf jaar tronkstraf gevonnis.
Elke beskuldigde is ook tot ’n bykomende vyf jaar tronkstraf gevonnis in verband met die oortreding van die wet op vuurwapens en ammunisie, maar dié vonnis sal samelopend met die vonnisse vir hoogverraad uitgedien word en sal gevolglik nie hul tydperke in die tronk beïnvloed nie.
Gister merk dus die einde van die mans se tweede verhoor nadat die hooggeregshof hul aanvanklike skuldigbevinding en vonnisse van ongeveer 30 jaar in ’n appèlaansoek tersyde gestel het.
Die hooggeregshof het beveel dat die verhoor van vooraf moes begin en Unengu het die saak in Junie 2014 oorgeneem.
VERTRAGINGS
Unengu het in sy uitspraak daarop gewys dat die beskuldigdes se uitgerekte tydperk in aanhouding in ag geneem is by die oplegging van hul vonnisse.
“Die vertragings tydens die verhoor is deur verskeie faktore veroorsaak, soos die Covid-19-pandemie en die beskuldigdes se aansoeke wat die hof se jurisdiksie uitgedaag het, asook die aanklaer-generaal se magte om hulle te vervolg.
“Dié aansoeke is gebring op grond van die bewering dat die Zambezistreek, voorheen bekend as die Eastern Caprivi Zipfel, nie deel van Namibië was nie.”
TYD IN AANHOUDING
Volgens Mumuna se skriftelike betoë het hy ses kinders en 20 kleinkinders.
Hy is spyt dat sy kinders sonder sy leiding en liefde moes grootword en hy meen dat sy afwesigheid hulle emosioneel geraak het.
Met betrekking tot Samulandela het hy aan die hof gesê dat hy gedurende sy tyd in aanhouding sertifikate in godsdiensstudies verwerf het. Hy het om genade gepleit en vir ’n tweede kans gevra weens sy ouderdom. Hy het vertel dat sy vrou oorlede is terwyl hy in die tronk was en ses kinders en 13 kleinkinders agtergelaat het, almal is in sy afwesigheid gebore. Hy het bygevoeg dat nie een van hulle ’n werk het nie, wat die gesin sonder behoorlike sorg laat.
Die oudste van die sewe, Makendano, het aan die hof verduidelik dat hy gloukoom in sy linkeroog het en blind is in sy regteroog. Hy het ook genoem dat sy kakebeen in ’n ongeluk met ’n polisievoertuig gebreek het terwyl hy na die hospitaal vir behandeling geneem is.
In sy uitspraak het Unengu verduidelik dat wanneer ’n vonnis beslis word, die hof die hoofdoelwitte van straf in ag neem – om toekomstige misdade te ontmoedig, die samelewing te beskerm, die oortreder te help rehabiliteer en te verseker dat geregtigheid geskied.
“Die hof sal hierdie persoonlike versagtende faktore en omstandighede saam met alle ander teenstrydige belange oorweeg.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie