Caprivi-verhoor: Sewe ná 20 jaar skuldig
Sewe mans is 20 jaar ná hul eerste hofverskyning in die Caprivi-verhoor skuldig bevind aan hoogverraad. Een van die beskuldigdes is intussen dood.
Regter Petrus Unengu het bevind Progress Munuma, Shine Samuandela, Manuel Makendano, Alex Mushakwa, Frederick Ntambilwa, Hoster Ntombo en John Tembwe het hoogverraad gepleeg en onwettige wapens na Namibië gesmokkel, vuurwapens en ammunisie onwettig besit, en het Namibië se wette oor immigrasiebeheer oortree.
Die regter het bevind dat die mans, waarvan verskeie reeds in 2002 in hegtenis geneem is, versuim het om volgens hul plig aan die staat verraderlike aktiwiteite aan te meld.
“Dit blyk uit die bewyse as geheel dat almal op een of ander manier aktief deelgeneem het om die doelwit te bereik om die Oos-Caprivi-streek van die res van Namibië af te stig.
“Daarom het hulle die grense van Namibië oorgesteek by onbepaalde en onbekende hawens van toegang in Zambië en Botswana en terug om wapens te bekom, verskillende soorte wapens en ammunisie onwettig in Namibië ingebring, teenstrydig met die bepalings van die Wet op Wapens en Ammunisie van 1996 soos gewysig, die Wet op Immigrasiebeheer van 1993, en Wetsdeel 34 van 1955 soos gewysig,” het Unengu in sy uitspraak gesê.
In sy voorleggings tydens die verhoor het Jorge Neves, wat Ntambilwa en Tembwe verteenwoordig, aangevoer dat die werklike skuldiges die koloniseerders was wat grond sonder toestemming van die inheemse mense afgeneem het, hulle uitgebuit en wette op hulle afgedwing het.
Hy het beweer dat diegene wat vandag aan bewind is, “steeds hierdie koloniale wette gebruik om die onopgeleides uit te buit”.
Hy het gesê in hierdie geval het “een persoon die onopgeleides in hul optrede geïndoktrineer en mislei”.
Hoewel hy saamgestem het dat die beskuldigdes gewillig en nie onder dwang opgetree het nie, het hy aangevoer dat veral Tembwe nie verantwoordelik gehou moet word nie.
Neves het beweer Tembwe wou homself aan die owerhede oorgee, maar het uit vrees vir arrestasie na Botswana gevlug en toe op 20 September 2003 weer na Namibië teruggekeer.
Die regter het bevind Munuma en Samuandela, wat van moord aangekla is, is nie meer relevant vir hierdie verrigtinge nie omdat hulle onskuldig bevind en vrygelaat is kragtens die bepalings van die Strafproseswet.
Die hof het bevind daar is geen bewyse dat Munuma en Samuandela die oortreding gepleeg het nie, wat beteken dat die hof die beskuldigdes kan vryspreek sonder om van hulle te vereis om enige verweer aan te bied indien die staat se bewyse onvoldoende is.
Wyle regter John Manyarara was destyds die voorsittende regter in dié verhoor voor twee aanklagte bygevoeg is. Manyarara het hulle skuldig bevind en onderskeidelik tussen 30 tot 32 jaar tronkstraf gevonnis.
Die hoërhof het egter hierdie skuldigbevindings en vonnisse op appèl omgekeer en ’n nuwe verhoor voor ’n ander regter beveel.
Die tweede verhoor het gevolglik op 30 Junie 2014 voor regter Unengu begin.
Toe hulle gevra is om weer te pleit, het die beskuldigdes aangevoer dat die hof geen jurisdiksie het nie en beweer hulle is onwettig van Botswana, waar hulle asiel gehad het, na Namibië geneem.
“Op 27 November 2014 het ek hierdie eis van die hand gewys en bevind dat hulle nie ontvoer is nie, maar deur die Botswana-regering gedeporteer is, wat hierdie hof jurisdiksie gee om hulle vir die oortredings aan te kla,” het Unengu in sy uitspraak gesê.
Met die hervatting van die verhoor het die beskuldigdes ’n tweede spesiale pleit ingedien, waarin hulle beweer het dat die Oos-Caprivi Zipfel, nou bekend as die Zambezistreek, nie deel was van Namibië of Suidwes-Afrika, soos dit voorheen bekend gestaan het nie.
Unengu het weer hierdie pleit van die hand gewys en ’n petisie aan die hoofregter om teen die uitspraak te appelleer, is ook geweier.
Die saak is tot 19 Augustus uitgestel vir betoë voor vonnisoplegging.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie