CDV-hofaansoek uitgegooi
Kwessie oor kandidaatslyste
Die hoërhof in Windhoek het beslis dat die aansoek eerder in die verkiesingshof aangehoor moet word.
Nog ’n dringende aansoek is teen die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN) aanhangig gemaak.
Dié keer is dit die Christian Democratic Voice (CDV) wat die hoërhof in Windhoek genader het.
Regter Kobus Miller het gister egter beslis dat die aansoek handel oor partylyste met betrekking tot die komende verkiesing en meen “dit is duidelik ’n verkiesingskwessie”.
“Jurisdiksie in hierdie saak rus by die verkiesingshof en nie die hoërhof nie,” het Miller in sy bevel gesê.
Hy het gevolglik die saak van die rol geskrap.
DRINGENDE AANSOEK
Die dringende aansoek is deur Viola Geirises – wat beweer sy is die party se visepresident – gebring en sy voer aan dat die ECN versuim het om die party se kennisgewing van verandering in sy gemagtigde verteenwoordiger te aanvaar, asook die daaropvolgende inhandiging van sy kandidaatslys.
Die ECN het na bewering nie hierdie kandidaatslys aanvaar nie, aangesien Gotthard Kandume reeds ’n lys ingedien het as die party se gemagtigde verteenwoordiger.
Kandume beweer hy is die president van die CDV en voer aan dat Geirises in Julie 2024 uit die party bedank het nadat die ECN die party gederegistreer het.
“Dit was nie aan die hof openbaar gemaak nie en die enigste rede daarvoor moet wees dat die applikant nie oop kaarte met die hof wil speel nie,” het hy in sy verklaring gesê.
In reaksie hierop het Geirises aangevoer dat sy destyds net as die party se sekretaris-generaal bedank het en nie as lid van die party nie.
GEBEURE
Geirises beweer dat die party ’n spesiale kongres gehou het en Kandume daarheen genooi was, maar geweier het om die kongres by te woon.
Tydens die beweerde spesiale kongres is ’n nasionale uitvoerende komitee glo verkies.
“Boonop het die spesiale kongres besluit dat Kandume, as die partypresident, uit die Nasionale Vergadering herroep word en verder dat ek, as die party se visepresident, in die plek van die president sal optree,” beweer Geirises.
Geirises het daarna haar magte gebruik om die ECN in te lig van die verandering in die party se gemagtigde verteenwoordiger. Hans Stramiss is aangewys as die nuwe verteenwoordiger, maar met die inhandiging van die kandidaatslys, het die ECN daarop gewys dat hy nie volgens hul rekords die party se gemagtigde verteenwoordiger was nie. Hulle het dus nie Stramiss en Geirises se lys aanvaar nie.
ECN VERDUIDELIK
Die ECN het in reaksie op die dringende aansoek slegs ’n verduidelikende verklaring ingedien en aangedui dat dit nie die aansoek teenstaan nie.
In die verklaring verduidelik die hoofverkiesingsbeampte, Petrus Shaama, dat sover as wat die ECN se kennis strek, is Kandume die party se verteenwoordiger.
“Dit is die aansoeker [CDV] se eie weergawe dat [Kandume] die party se president is.”
Die ECN het verder aangevoer dat Geirises nie genoegsame bewyse gelewer het dat die beweerde spesiale kongres ingevolge die party se grondwet uitgevoer is nie.
Kandume voer in sy verklaring aan dat die spesiale kongres waarna Geirises verwys, nie deur die CDV erken word nie.
“Dit is duidelik uitgevoer op grond van ’n verkeerde grondwet deur mense wat geen mag het om ’n spesiale kongres te hou nie.”
Geirises beweer dat Kamdume tydens die spesiale kongres, as president geskors is.
#NamibiaDecides2024
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie