Chico-werkers moet pligte hervat, sê hof
Interdik word toegestaan
'n Chinese maatskappy se dringende aansoek om 'n interdik teen sy werkers te verkry om 'n onwettige staking te beëindig, is Vrydag toegestaan.
Die China Henan International Cooperation Group (Chico) se dringende aansoek om ’n interdik te bekom wat die staking van sy werknemers sal beëinding, is Vrydag in die hoërhof in Windhoek toegestaan.
Chico het die aansoek teen die Namibia Economic Freedom Fighters (NEFF), sy ekonomiese kommissaris, mnr. Michael Amushelelo, die Metaal en Verwante Werkersunie van Namibië (Manwu) en al die stakende werknemers op 17 Mei ingedien.
“Die respondente en die werknemers word hiermee verbied en weerhou om met die staking en/of betoging voort te gaan en die werknemers word versoek om hul pligte sonder uitstel te hervat ingevolge hul dienskontrakte met die applikant [Chico] vanaf die datum van hierdie bevel,” lui regter Harold Geier se uitspraak.
Die interdik is geldig hangende die uitkoms van die klag wat Chico reeds by die arbeidskommissaris ingedien het.
Die interdik is op ’n dringende basis versoek aangesien die maatskappy daaglikse verliese gely het as gevolg van die onwettig staking. Dit het gevolglik die maatskappy se padbouprojek op die B1 suid tussen Gochas en die afdraai na Tses tot stilstand geruk.
Manwu het na bewering aanvanklik die stakende werknemers verteenwoordig toe die staking vroeg in Mei begin het, maar volgens Chico se aansoek het NEFF en Amushelelo die werknemers daarna begin verteenwoordig en die staking gelei.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie