Coenie en sy vrou kry borg
Die kripto-belegger Coenraad (Coenie) Botha (69) en sy Zimbabwiese vrou, Charlotte Murove (32), is gister borgtog toegestaan.
Die egpaar van CBI Exchange is in Maart vanjaar in hegtenis geneem op grond van bewerings van bedrog van sowat N$160 miljoen. Hulle staan tereg op verskeie aanklagte wat geldwassery insluit asook die bedryf van ’n bankonderneming sonder die nodige magtiging.
Landdros Jozanne Klazen het hul formele aansoeke om borgtog in die Windhoek-landdroshof toegestaan.
Botha is op borgtog van N$50 000 vrygelaat en Murove N$30 000. Beide sal ook moet voldoen aan verskeie maatreël en borgtogvoorwaardes.
Die Bank of Namibia (BoN) beskuldig Botha daarvan dat hy deposito’s van mense via sy maatskappy, CBI Exchange Namibia, aanvaar het sonder die nodige lisensie.
In die bedrogklag het die staat beweer dat hulle gedurende die tydperk vanaf 2018 tot 2022 aan beleggers wanvoorgestel het dat hulle ’n wettige onderneming bedryf wat gemagtig is om beleggings van lede van die publiek te ontvang en dat sulke beleggings met rente sal groei. Dit terwyl hulle glo geweet het dat hulle nie gemagtig is om enige deposito’s of beleggings van lede van die publiek te ontvang nie.
Botha en Murove is verlede maand by die Buitepos-grenspos in hegtenis geneem en die staat het tydens hul eerste hofverrigtinge aangevoer dat Botha probeer vlug het, maar hy beweer hy was na Suid-Afrika onderweg om by vriende te gaan kuier.
beide beskuldigdes is kort daarna vrygelaat weens ’n lasbrief-kwessie wat veroorsaak het dat hul saak van die rol geskrap is. Hulle is daarna egter weer in hegtenis geneem met die nodige lasbriewe en was in aanhouding tot hulle vrylating gister.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie