Coenraad (Coenie) Botha Foto Facebook
Coenraad (Coenie) Botha Foto Facebook

Coenie wou glo vlug

Die staat het aangevoer dat Coenraad Botha besig was om uit die land te vlug toe hy op Buitepos in hegtenis geneem is.
Kristien Kruger
Die Kripto-belegger, Coenraad (Coenie) Botha, en sy vrou is vandeesweek op Buitepos in hegtenis geneem en het Woensdag in die Windhoek-landdroshof verskyn weens beweerde ongemagtigde bankaktiwiteite en bewerings dat hulle beleggers glo uit sowat N$160 miljoen bedrieg het.

Hoewel die staat tydens Woensdag se verrigtinge aangevoer het dat Botha van plan was om te vlug voor hy in hegtenis geneem is, voer hy aan dat hy op pad was na Suid-Afrika om vir vriende te gaan kuier.

Botha en Charlotte Murove sal vandag weer voor landdros David Mukuyu verskyn, wat na verwagting sy beslissing sal bekend maak oor of hulle op waarskuwing vrygelaat moet word of nie.

Botha en Murove se regsverteenwoordiger, Afrika Jantjies, is ook Woensdag by die landdroshof gearresteer terwyl hy besig was om sy kliënte vir hofverrigtinge voor te berei. Hy is in hegtenis geneem op grond van bewerings van medepligtigheid.

Botha is ’n bekende figuur veral in Swakopmund en was voorheen die voorsitter van Erongo RED. Hy en sy eksvrou, Edna, het ook in 2001 Trinity Broadcasting Namibia (TNB) gestig – ’n godsdienstige televisiekanaal en enigste Christelike uitsaai-televisienetwerk in Namibië.

BON-VERKLARING

’n Ondersoek deur die Bank of Namibia (BoN) het glo aan die lig gebring dat Botha, deur sy maatskappy CBI Exchange Namibia, deposito’s van lede van die publiek – na bewering sonder die nodige lisensiëring of magtiging – ontvang het.

Die BoN se direkteur vir strategiese kommunikasie en internasionale betrekkinge, Kazembire Zemburuka, het Woensdag ’n verklaring uitgereik met meer besonderhede oor die sentrale bank se ondersoek na Botha en sy maatskappy en voer aan dat Botha se optrede teenstrydig is met afdeling 6 van die Wet op Bankinstellings van 1998.

“Die wet stipuleer dat gedrag van hierdie aard op ’n strafregtelike misdryf neerkom. Daarom het die bank hierdie saak na die Namibiese polisie verwys vir verdere ondersoek,” lui die BoN se verklaring.

Die BoN wys egter daarop dat sake van dié aard grootliks staatmaak op die publiek se samewerking, spesifiek die individue wat deposito’s aan Botha of sy maatskappy betaal het.

“Die bank doen ’n beroep op deposante wat geld by CBI Exchange Namibia en/of mnr. Botha geplaas het ter bevordering van die verbode sakebedrywighede, om die Namibiese polisie te kontak.”

Die BoN het sy verklaring afgesluit met ’n waarskuwing dat mense op die uitkyk moet wees en kenmerke van skemas van hierdie aard moet herken.

Die bank moedig die publiek aan om voorvalle onmiddellik aan die BoN by [email protected] of by die Finansiële Intelligensiesentrum by [email protected] of aan die Namibiese polisie te rapporteer, sodat dit ondersoek kan word en tot moontlike vervolging kan lei. – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-01-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 29° Rundu: 19° | 32° Eenhana: 22° | 35° Oshakati: 26° | 35° Ruacana: 20° | 36° Tsumeb: 21° | 34° Otjiwarongo: 19° | 33° Omaruru: 18° | 37° Windhoek: 20° | 33° Gobabis: 22° | 32° Henties Bay: 16° | 20° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 21° Rehoboth: 20° | 34° Mariental: 21° | 37° Keetmanshoop: 18° | 37° Aranos: 23° | 36° Lüderitz: 14° | 30° Ariamsvlei: 19° | 37° Oranjemund: 14° | 24° Luanda: 26° | 27° Gaborone: 22° | 34° Lubumbashi: 17° | 20° Mbabane: 15° | 27° Maseru: 19° | 33° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 18° | 21° Maputo: 21° | 32° Windhoek: 20° | 33° Cape Town: 19° | 23° Durban: 22° | 26° Johannesburg: 20° | 31° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 17° | 20° Harare: 17° | 23° #REF! #REF!