Jennifer Comalie, Namcor se raadsvoorsitter.
Jennifer Comalie, Namcor se raadsvoorsitter.

Comalie uit op borgtog

Ondersoek na Mulunga in aanloop
Die ondersoek na Mulunga fokus glo op 'n transaksie waarby Namcor en Angola se staatsbeheerde oliemaatskappy Sonangol betrokke is en wat verwant is aan olieproduserende blokke in Angola.
Jemima Beukes
Die raadsvoorsitter van Namcor (National Petroleum Corporation of Namibia) Jennifer Comalie wat Maandagmiddag vir beweerde dwelmhandel in hegtenis geneem is, het gister skuins voor 18:00 in die hof verskyn nadat dwelms ter waarde van N$57 000 glo in haar besit gevind is.

Borgtog van N$7 000 is op die staat se voorstel toegestaan en die saak is tot 31 Julie vir verdere ondersoek uitgestel. Vriende en kennisse het nadat die hof verdaag het na die Klein Windhoek-polisiekantoor gehaas om haar borgtog te betaal.

Comalie is verteenwoordig deur Trevor Brockerhoff, wat bevestig het hy is haar regsverteenwoordiger vir die res van die verhoor.

Haar hofverskyning is deur verskeie ondersteuners en vriende bygewoon waaronder die bekende prokureur Doris Kaumbi-Hans, die minister van myne en energie Tom Alweendo, lede van die Windhoekse stadsraad Sade Gawanas en Ivan Skrywer, sowel as lede van die korporatiewe bedryf.

VOERTUIG DEURSOEK

Teen 15:00 gister is nog geen klagte teen Comalie gelê nie en die hof is tot omstreeks 17:30 vertraag nadat die aanklaer-generaal Martha Imalwa die grootste gedeelte van die dag bestee het om die polisiedossier te bestudeer.

Die wenk vir dwelms in Comalie se voertuig en die gevolglike soektog het gekom terwyl sy onderweg was na ’n Namcor-raadsvergadering waar sy na bewering die maatskappy se uitvoerende hoof Imms Mulunga sou skors.

Volgens die polisie is 935 gram dagga, 60 eenhede “crack” en 10 gram kokaïenpoeier in Comalie se voertuig gevind.

Dit volg nadat sy verlede week gevra het vir ’n ondersoek na Mulunga se beweerde betrokkenheid by ’n betaling van meer as N$100 miljoen vir twee olieproduserende gebiede in Angola.

Die ondersoek fokus glo op ’n transaksie waarby Namcor en Angola se staatsbeheerde oliemaatskappy Sonangol betrokke is en wat verwant is aan olieproduserende blokke in Angola.

Intussen het die minister van finansies, Iipumbu Shiimi, ’n brief aan die polisiehoof, generaal-majoor Joseph Shikongo, gerig om te sê Comalie het gevra vir ’n dringende ontmoeting tussen hom en Alweendo.

Comalie het glo haar kommer gedeel dat sekere “ongespesifiseerde optredes” teen haar geneem gaan word en dat sy baie bekommerd is oor haar veiligheid en veral dié van haar dogter.

“Alweendo en ek het haar die raad gegee om die situasie nougeset te monitor en ons in te lig oor enige vreemde optrede met dien verstande om die polisie in te lig."

“Gister (27 Maart) gebeur ’n vreemde ding. Ek verstaan sy en haar mederaadslede was op pad om ’n vergadering met die minister van myne en energie te begin, toe sy deur die polisie gebel is. Laasgenoemde het gesê hulle wil haar voertuig deursoek. Wat daarna gebeur het, is die polisie in ’n beter posisie om te bevestig,” skryf Shiimi.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!