CoW neem Ongos-geveg hof toe
Ogone Tlhage - Die Windhoekse munisipaliteit (CoW) het die hoërhof genader in ’n poging om Ongos Valley Development (OVD) se plan om sy eie krag op te wek, stop te sit. Dit met die argument dat die CoW die alleenreg het om krag aan alle ontwikkelings binne die hoofstad se grense te verskaf.
Ongos het die CoW in Julie 2019 genader en sy voorneme aangedui om ’n virtuele kragaanleg (VPP) te ontwikkel wat hernubare energie deur middel van sonkrag gebruik as deel van sy planne om ’n “groen stad” te vestig.
OVD is aan die noordwestelike buitewyke van Windhoek geleë.
Rolspelers in die elektrisiteitsbedryf het gewaarsku dat die munisipaliteit miljoene aan potensiële inkomste kan verloor as Ongos sy sin kry.
Daar is ook vrese dat, indien die CoW nie poog om Ongos se planne te stuit nie, dit die weg kan baan vir ander ontwikkelaars en besighede met die finansiële vermoë om hul eie krag op te wek.
GEEN MANDAAT
Die munisipaliteit voer verder aan die minister van myne en energie, Tom Alweendo, wat Ongos die reg gegee het om sy eie kragaanleg te ontwikkel, is nie wetlik gemagtig om sulke versoeke goed te keur nie.
Die argument is vervat in ’n beëdigde verklaring wat Moses Matyayi, die CoW se uitvoerende hoof, op 22 Augustus by die hoërhof ingedien het.
Alweendo word ook daarvan beskuldig dat hy onregmatig opgetree het nadat hy verlede jaar ’n kragopwekkingslisensie aan Ongos toegestaan het, ten spyte daarvan dat die ontwikkeling binne die stadsgrense val.
Matyayi het sy saak gestel oor hoekom die minister se besluit onwettig was, en het aangevoer die normale prosedures is nie gevolg nie.
“Dit behoort die tweede respondent (Elektrisiteitsbeheerraad) te wees wat die besluit eers ná die eerste respondent (minister) moes geneem het en nadat die geleentheid gegun is om deur die applikant (Ongos) aangehoor te word. Dit alles het nie gebeur nie,” het hy gesê.
‘ONREGVERDIGE’ BESLUIT
Matyayi het in sy beëdigde verklaring aangevoer die munisipaliteit het ’n brief ontvang waarin hulle van die minister se besluit ingelig is sonder dat ’n voldoende geleentheid gegun is om op Ongos se versoek te reageer.
“Die besluit is verder onbillik en onredelik. Dit op grond daarvan dat, nadat die eerste respondent op 15 Junie 2022 aan die applikant geskryf het, was die applikant steeds besig om sy antwoorde voor te berei toe hy (skielik) ’n reaksie van die tweede respondent ontvang het waarin die eerste respondent se onregmatige besluit vervat is,” het hy gesê.
In kommunikasie met die OVD-ontwikkelaars het die munisipaliteit lank aangevoer dat hy die regte het om elektrisiteit binne sy grense te verskaf en in staat is om eindgebruikers van krag te voorsien.
BINNE GRENSE
Die CoW se waarnemende uitvoerende hoof, George Mayumbelo, het OVD glo ingelig dat die munisipaliteit verantwoordelik sal wees vir kragopwekking binne stadsgrense.
“Daar moet kennis geneem word dat die voorgestelde model van bedrywighede en instandhouding van die verspreidingsnetwerk deur die ontwikkelaar breedvoerig beraadslaag is, en die raad het besluit om nie Ongos Valley Development se voorstel te ondersteun nie aangesien hy die kapasiteit het om krag aan die eindgebruikers te versprei in sy verspreidingslisensiegebied.
“Die raad beplan om die kragverspreiding van al sy ontwikkelings in sy lisensiegebied oor te neem. Daar moet verder kennis geneem word dat die lisensiegebied van die [Stad Windhoek] uitgebrei is,” het Mayumbelo in ’n brief aan Ongos, gedateer 23 Junie 2021, gesê.
Matyayi versoek die hof om ’n hersiening van Alweendo se besluit toe te staan.
Matyayi word deur Gilroy Kasper verteenwoordig, terwyl Appolos Shimakeleni as OVD se regsverteenwoordiger optree.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie