• Tuisblad
  • Howe
  • Dagga-olie het MNS-lyer ‘aansienlik’ gehelp
Me. Cheryl Green saam met haar siek lewensmaat, mnr. Rainer Kring (met sy loopraam) by die landdroshof op Swakopmund. Foto Adam Hartman
Me. Cheryl Green saam met haar siek lewensmaat, mnr. Rainer Kring (met sy loopraam) by die landdroshof op Swakopmund. Foto Adam Hartman

Dagga-olie het MNS-lyer ‘aansienlik’ gehelp

Finale vertoë volgende maand aangehoor
'n Vrou wat teregstaan op klagte van daggaverbouing en dwelmbesit, se lewensmaat wat aan 'n aftakelende motorneuronsiekte ly, het getuig dat dagga-olie sy toestand drasties verbeter het.
Adam Hartman
Die 63-jarige mnr. Rainer Kring het verlede Donderdag stadig sy pad na die getuiebank in die landdroshof op Swakopmund gevind terwyl hy op ‘n loopraam steun.

Pleks daarvan om te staan, is hy toegelaat om langs die getuiebank te sit voordat hy onduidelik die eed afgelê het om die waarheid te praat. Kring is ’n motorneuronsiekte (MNS)-lyer.

Hy is die lewensmaat van me. Cheryl Green (59), wat teregstaan op klagte van daggaverbouing en dwelmbesit. Green is in Julie 2019 by hul huis op Swakopmund in hegtenis geneem omdat sy na bewering dagga gekweek het en in besit van daggasaad en -olie was. Green hou vol haar bedoelings was en sal nooit krimineel wees nie. Die kruiekenner het hennepsaad (‘n dagga-variëteit ryk aan die nieverslawende, en baie gesonde, cannabidiol, in teenstelling met die variëteit ryk aan die verslawende en onwettige tetrahydrocannabinol) by ‘n apteek op dié kusdorp gekoop.

Sy het die saad by die huis geplant en uiteindelik ‘n cannabidiol (CBD)-olie (wat ook vrylik in plaaslike winkels beskikbaar is) van hoë gehalte saamgeflans deur suiwer klapperolie en organiese dagga uit haar tuin te kombineer – wat sy daagliks in klein hoeveelhede aan Kring begin gee het.

Sy gesondheidstoestand het oor ’n paar maande aansienlik verbeter. Ná sy in hegtenis geneem is en die polisie die plante, saad en olie gekonfiskeer het, het Kring se toestand egter weer drasties versleg.

In gebroke Engels, en belemmerde spraak (weens sy gesondheidstoestand), het Kring aan landdros Conchita Olivier gesê sy toestand was by “nul” toe hy en Green ‘n paar jaar gelede ontmoet het.

“My beweging, spraak, skryfvermoë, geheue – alles was nul,” het hy gesê.

“Ek kon nie sonder my loopraam loop nie. Ek kon nie slaap weens krampe en pyn nie. Ek het geen aptyt gehad nie. Ek kon niks doen nie.”

Hy het gesê hy was bewus van Green se uitgebreide navorsing oor die genesende eienskappe van dagga, en toe hy die olie begin neem het – tot 5 ml per dag – het sy toestand “aansienlik” verbeter.

“Ek kon slaap. Ek kon eet. Ek kon etlike meters sonder die loopraam loop. Ek kon ‘n bietjie werk in die motorhuis doen. Die pyn was besig om weg te gaan,” het hy aan die hof gesê.

Hy het getuig toe Green in hegtenis geneem is en die behandeling gestaak moes word, het sy toestand “erg agteruitgegaan”.

Hy voel glo “ontneem” nou dat hy nie die pyn, depressie en ongerief van sy motorneuronsiekte kan behandel nie.

“Ek kan niks meer doen nie,” het hy gesê, en erken as hy kon sal hy “dadelik weer die olie neem, want ek weet dit help”.

Die staat, verteenwoordig deur mnr. Henry Muhongo, voer aan enige daggavariant bevat tetrahidrokannabinol (THC), wat onwettig in Namibië is – selfs al is die hoeveelhede min en kan dit nie tot verslawing lei nie.

Green se regsverteenwoordiger, mnr. Richard Metcalfe, bevraagteken hoekom sy vervolg word vir die gebruik van gesondheidsprodukte wat wettiglik by plaaslike winkels gekoop kan word. Die staat voer egter aan dié daggaprodukte, wat CBD-ryk is, is op só ‘n manier vervaardig dat alle spore van THC na bewering verwyder is.

Alle getuies in die saak is aangehoor en finale vertoë sal volgende maand gelewer word. Green is steeds uit op borgtog.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-09-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Currie Cup: Fidelity ADT Lions 14 vs 16 Hollywoodbets Sharks XV Rugby Championship: Argentina 29 vs 28 Springboks | Australia 28 vs 31 New Zealand Premier League: Manchester City 2 vs 2 Arsenal | Brighton 2 vs 2 Nottingham Forest | Crystal Palace 0 vs 0 Manchester United | Tottenham Hotspur 3 vs 1 Brentford | Southampton 1 vs 1 Ipswich Town | Liverpool 3 vs 0 Bournemouth | Leicester City 1 vs 1 Everton | Fulham 3 vs 1 Newcastle | Aston Villa 3 vs 1 Wolves | West Ham 0 vs 3 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Real Valladolid | Valencia 0 vs 0 Osasuna | Real Betis 1 vs 2 Mallorca | Rayo Vallecano 1 vs 1 Atletico Madrid | Villarreal 1 vs 5 Barcelona | Athletic Club 3 vs 1 Celta Vigo | Getafe 1 vs 1 Leganés | Real Madrid 4 vs 1 Espanyol | Valencia 2 vs 0 Girona | Osasuna 2 vs 1 Las Palmas | Real Valladolid 0 vs 0 Real Sociedad SerieA: Inter Milan 1 vs 2 AC Milan | AS Roma 3 vs 0 Udinese | Monza 1 vs 2 Bologna | Fiorentina 2 vs 1 SS Lazio | Lecce 2 vs 2 Parma | Juventus 0 vs 0 Napoli | Venezia 2 vs 0 Genoa European Championships Qualifying: Preston North End 0 vs 0 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 1 vs 0 Plymouth Argyle | Sheffield United 1 vs 0 Derby County | Luton Town 2 vs 1 Sheffield Wednesday | Coventry City 1 vs 2 Swansea City | Cardiff City 0 vs 2 Leeds United | Burnley 2 vs 1 Portsmouth | Bristol City 2 vs 1 Oxford United | Sunderland 1 vs 0 Middlesbrough | Queens Park Rangers 1 vs 1 Millwall FC | Norwich City 4 vs 1 Watford English Championship: Preston North End 0 vs 0 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 1 vs 0 Plymouth Argyle | Sheffield United 1 vs 0 Derby County | Luton Town 2 vs 1 Sheffield Wednesday | Coventry City 1 vs 2 Swansea City | Cardiff City 0 vs 2 Leeds United | Burnley 2 vs 1 Portsmouth | Bristol City 2 vs 1 Oxford United | Sunderland 1 vs 0 Middlesbrough | Queens Park Rangers 1 vs 1 Millwall FC | Norwich City 4 vs 1 Watford #REF! Currency: GBP to NAD 23.16 | EUR to NAD 19.33 | CNY to NAD 2.46 | USD to NAD 17.3 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.27 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.64 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.16 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.11 | USD to AOA 933.05 | USD to BWP 13.15 | USD to EGP 48.66 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1596.98 | USD to ZAR 17.29 | USD to ZMW 26.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1845.32 Up +0.73% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14193.3 Down -0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30871.1 Down -0.49% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9651.25 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 662.93/OZ UP +1.39% | Copper US$ 4.50/lb UP +4.25% | Zinc US$ 3 026.80/T UP 0.14% | Brent Crude Oil US$ 75.21/BBP UP +1.11% | Platinum US$ 987.12/OZ UP +3.04% #REF!