Dausab sê oor verlore dossier
Saak gaan steeds voort
Kristien Kruger
Die minister van justisie, me. Yvonne Dausab, het agterdog oor die verdwyning van ’n dossier in ’n saak waarin ’n Chinese burger van wildmisdaad beskuldig word, in die kiem gesmoor.
Mnr. Hou Xuecheng (46) en sy medebeskuldigde, mnr. Hamutenja Stanislaus Hamutenya (42), wat tereggestaan het op klagte van handel in en die besit van beskermde wildprodukte, is sedert 15 September vry.
Nadat die staat weer eens die streekhof in Windhoek vir uitstel gevra het en die verdediging dié aansoek teengestaan het, het landdros Leopold Hangalo die staat se aansoek vir uitstel van die hand gewys en die saak van die rol geskrap.
Die staat het om verskeie redes vir uitstel gevra, onder andere om die dossier op te spoor wat nie by die betrokke hof of staatsaanklaer was nie.
DOSSIER NIE WEG
Dausab het in haar verklaring ontken dat die dossier weg is en het ’n verduideliking vir die gebeure gebied.
“’n Spesiale hof om die agterstand in sake in die streekhof te takel, is gestig. Gevolglik is al die hangende strafregtelike sake van streekhof A, B, C, van die Katutura-hof, na die Windhoek-landdroshof oorgeplaas. Dokumente en klagstate moes tussen dié twee howe oorgeplaas word,” lui die verklaring
Die betrokke saak het glo op 15 September in dié spesiale streekhof in die Windhoek-landdroshof verskyn.
“Ongelukkig is die dossier nie aan die staatsaanklaer oorgegee wat nou die saak in die spesiale streekhof hanteer nie.
Volgens Dausab is ondersoek ingestel om vas te stel waarom die dossier nie by die hof was nie.
Die aanklaer wat die saak aanvanklik hanteer het, het bevestig dat die dossier steeds by die Katutura-streekhof is.
“Om die kwessie reg te stel, is dagvaardings uitgereik om sodoende te verseker dat die beskuldigdes op die strafregtelike klagte tereg staan.
“Die saak teen Xuecheng en Hamutenya is nou geskeduleer om op 7 November aangehoor te word.”
WILDMISDAAD
Xuecheng is na bewering in 2014 vasgetrek met ’n jagluiperd- en luiperdvel in sy besit en is aangekla van die onwettige handel in vier olifanttande.
Hy is maande later weer in hegtenis geneem nadat ’n ietermagovel, ’n luiperdkop en sewe sebravelle glo in sy besit by die China Town-inkoopkompleks in Windhoek gevind is.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie