Beatrix de Jager is ingesweer as ’n waarnemende regter van die hoërhof. Foto Iréne-Mari van der Walt
Beatrix de Jager is ingesweer as ’n waarnemende regter van die hoërhof. Foto Iréne-Mari van der Walt

De Jager lê eed af

Iréne-Mari van der Walt
Beatrix de Jager is gister as waarnemende regter van die hoërhof ingesweer.

Sy het gister amptelik dié pos betree en sal vir drie maande hierdie pos beklee tot haar tydperk op 16 April vanjaar verstryk.

Regter Philanda Christiaan wat van waarnemende regter na ’n regter van die hoërhof bevorder is, het ook gister in die hoërhof die eed afgelê.

De Jager het haar regsloopbaan as klerk in die kantoor van die staatsprokureur in Maart 2003 begin. Sy het in hierdie kapasiteit gewerk tot Julie 2004. Sy is op 19 Julie 2004 as ’n regspraktisyn toegelaat. Daarna het sy gepraktiseer by die kantoor van die staatsprokureur voor sy by Kirsten & Co aangesluit het. Sy het tot November 2008 hiér gepraktiseer.

Haar fokus is hoofsaaklik op siviele kwessies met ervaring in die administrasie van testamente en boedels, menseregte, arbeidsdispute asook bemiddeling en arbitrasie.

De Jager en Christiaan se aanstelling het gevolg op die eerste openbare onderhoude van kandidaatregters. ’n Openbare onderhoud is ook met ’n derde kandidaatregter, adv. Slysken Sikiso Makando, gevoer, maar die besluit oor sy aanstelling is nog nie bekend gemaak nie. – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-12-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 24° | 37° Rundu: 19° | 33° Eenhana: 21° | 25° Oshakati: 20° | 26° Ruacana: 21° | 27° Tsumeb: 20° | 27° Otjiwarongo: 17° | 25° Omaruru: 20° | 31° Windhoek: 19° | 27° Gobabis: 19° | 27° Henties Bay: 16° | 22° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 22° Rehoboth: 21° | 32° Mariental: 24° | 35° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 23° | 35° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 20° | 34° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 20° | 29° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 28° Antananarivo: 13° | 32° Lilongwe: 22° | 34° Maputo: 23° | 39° Windhoek: 19° | 27° Cape Town: 18° | 22° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 22° | 35° Harare: 22° | 33° #REF! #REF!