De Klerk: Ek is ’n hokaairoeper
Fishrot se ‘betaalmeester’ soek versekering
Die Namibiese prokureur wat in Suid-Afrika gebaseer is, sê hy skuil en vrees vir sy lewe.
Bobby Jordan in Johannesburg – Namibiese waghondgroepe het kommer uitgespreek oor vermeende vertragings om die Namibiese prokureur Marén de Klerk op te spoor.
Dié berugte regsman hou vol hy is ’n hokaairoeper en het prominente Namibiese maghebbers, insluitend president Hage Geingob, se name by die Fishrot-korrupsieskandaal betrek.
Die Suid-Afrikaanse koerant Sunday Times kon De Klerk opspoor en hy het sy kant van die saak via e-pos en telefonies gestel. Hy het gesê hy het uit vrees vir sy veiligheid uit Namibië gevlug en aangebied om vanaf sy skuilplek in die voortslepende verhoor te getuig – ’n aanbod wat Namibiese owerhede van die hand gewys het.
“Ek is ’n hokaairoeper wat die Namibiese president betrek het en dit is hoekom ek nie reg behandel word nie,” het hy beweer.
“Ek is nie ’n voortvlugtige nie. Die Suid-Afrikaanse owerhede weet waar ek my bevind. Ek vrees wel vir my lewe. Ek skuil en beweeg gereeld van plek tot plek. . . ek wil geregtigheid en regverdigheid hê, wat my tot dusver geweier is.”
Burgerlike groepe glo sy getuienis moet gehoor word – of hy onskuldig is of nie.
“De Klerk beskik ongetwyfeld oor ’n groot hoeveelheid bewyse wat grootkoppe in Swapo tot by Staatshuis in die saak kan insleep,” het Graham Hopwood, uitvoerende direkteur van die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing (IPPR), gesê.
“Hy was [na bewering] die betaalmeester vir Fishrot wat die geld rondgeskuif het en verskillende entiteite met Swapo-bande en individue betaal het. Hy is dalk ook kwaad dat hy nie as staatsgetuie aangewys is nie en dus nie immuniteit teen vervolging sal ontvang nie.”
Die Koalisie vir Toegang tot Inligting in Namibië se voorsitter, Frederico Links, het gesê: “Sy ligging in Suid-Afrika is oor die afgelope drie jaar aangemeld asook die feit dat hy nie in hegtenis geneem is nie – al het verskeie Namibiese en Suid-Afrikaanse owerhede presies geweet waar hy is of was.”
KLAGTES
Fishrot het opslae gemaak nadat 30 000 Wikileaks-dokumente beweerde onwettige transaksies in Namibië se winsgewende visbedryf aan die lig gebring het.
Een só ’n transaksie was die staatsbeheerde Fishcor in Namibië en African Selection Fishing, wat in private besit is.
’n Dopmaatskappy, Celax Investments, is na bewering gestig om geld van die transaksie na Swapo-gekoppelde entiteite te herlei. De Klerk het na bewering die buit tussen 17 ontvangers verdeel. Hy word gesoek op verskeie klagte, insluitend rampokkery, sameswering om ’n misdryf te pleeg, bedrog, diefstal en geldwassery.
Die Yslandse vismaatskappy Samherji het na bewering miljoene aan politici en medewerkers in Namibië betaal om visvangkwotas te bekom en hul eie finansiële prestasie ’n hupstoot te gee. Die maatskappy het nie op skriftelike navrae gereageer nie.
De Klerk het beweer die komplot het tydens ’n vergadering in Kaapstad in Desember 2016 vorm aangeneem. Omkoopgeld is na bewering gebruik om steun vir Geingob te werf voor Swapo se 2017-verkiesingskongres, waarin hy as oorwinnaar uit die stryd getree het.
Die IPPR het hom daarvoor beywer dat diegene wat by die skandaal betrokke is, aanspreeklik gehou sal word.
‘VALSE NARRATIEF’
De Klerk het verder beweer ’n valse narratief word oor hom versprei en dat sy rol bloot was om geld aan individue met Swapo-bande uit te betaal en nie om korrupsie te fasiliteer nie.
Op 8 September het hy ’n beëdigde verklaring in Suid-Afrika afgelê wat lui dat hy “onwetend by misdaad betrek is”. Hy het herhaal dat hy bereid is om deur middel van ’n videoverbinding te getuig. Hy het beweer hy is amper in 2020 in Suid-Afrika ontvoer terwyl hy vir stresverwante redes in ’n psigiatriese sentrum was. Daar was geen waarborg van sy beskerming in Namibië nie, het hy bygevoeg.
“Dit was ondanks die feit dat ek meer as twee jaar gelede ’n volledige beëdigde verklaring met bewysstukke by die Teenkorrupsiekommissie [ACC] en die aanklaer-generaal se kantoor ingedien het. Ek glo opreg dit is ’n redelike en geldige rede vir my om buite Namibië te skuil.”
Hy voel die wyse waarop hy met die sak patats vorendag gekom het, onderskei om van ’n voortvlugtige van die gereg wat bloot die land verlaat en weier om met die strafregstelsel saam te werk.”
Die Namibiese justisiedepartement het nie op navrae gereageer nie, maar die ACC het bevestig ’n lasbrief vir De Klerk se inhegtenisneming is op 29 April 2021 in Namibië uitgereik.
UITLEWERING
“Op 15 Julie 2022 het die Namibiese hoof van Interpol. . . aan die ACC bevestig dat uitleweringsdokumente deur diplomatieke kanale verwerk is en dat ’n lasbrief vir inhegtenisneming daarna deur die Suid-Afrikaanse owerhede uitgereik is,” het ACC se adjunk-direkteur-generaal, advokaat Erna van der Merwe, gesê.
Athlenda Mathe, woordvoerder van die Suid-Afrikaanse polisiediens (SAPD), het bevestig Interpol in Suid-Afrika het ’n versoek om uitlewering ontvang.
“Ons het reeds ’n lasbrief vir sy inhegtenisneming in Suid-Afrika en die proses om hom op te spoor en aan te keer duur voort,” het sy gesê. Geingob het deurgaans sy betrokkenheid by die skandaal ontken.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie