Dippenaar hoor vandag sy lot

Leandrea mouers
Die veroordeelde moordenaar, Jandre Dippenaar, word vandag in die streekhof op Swakopmund gevonnis.

Die staatsaanklaer, Ethel Ndlovu, het gister aangevoer dat hy tronkstraf van 10 tot 15 jaar moet kry in verband met die moordaanklagte en Dippenaar se regspan het die hof versoek om alternatiewe vonnisse te oorweeg wat nie tronkstraf insluit nie.

“Watter doel sou gevangenisstraf dien en sou geregtigheid noodwendig gevangenisstraf beteken?” het Dippenaar se regsverteenwoordiger, Albert Strydom, gesê.

Hy het voorgestel dat boetes oorweeg word vir die aanklagte van roekelose en/of nalatige bestuur en bestuur sonder ’n geldige rybewys.

Buiten vir die voorstel van 10 to 15 jaar gevangenisstraf vir moord, het Ndlovu gevra vir twee bykomende jare vir die klag van roekelose bestuur en ’n boete van N$2 000 vir die bestuur sonder ’n geldige rybewys.

“Ses lewens is as gevolg van hierdie ongeluk geëis. Drie van hierdie mense het doodgebrand. Dit gaan verder as blote roekeloosheid.”

Tydens die skuldigbevinding het landdros Gaynor Poulton op die regsbeginsel van dolus eventualis staatgemaak. Hierdie beginsel geld wanneer ’n beskuldigde kan voorsien dat hul optrede iemand se dood kan veroorsaak.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-14

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 26° Rundu: 21° | 33° Eenhana: 20° | 31° Oshakati: 19° | 30° Ruacana: 21° | 30° Tsumeb: 21° | 31° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 34° Windhoek: 20° | 31° Gobabis: 20° | 33° Henties Bay: 16° | 24° Swakopmund: 16° | 18° Walvis Bay: 15° | 23° Rehoboth: 20° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 22° | 37° Aranos: 21° | 36° Lüderitz: 18° | 28° Ariamsvlei: 22° | 39° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 18° | 30° Lubumbashi: 16° | 29° Mbabane: 12° | 28° Maseru: 14° | 26° Antananarivo: 15° | 31° Lilongwe: 20° | 29° Maputo: 17° | 30° Windhoek: 20° | 31° Cape Town: 15° | 23° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 14° | 26° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 18° | 25° Harare: 16° | 25° #REF! #REF!