‘Dippenaar moet boet'

Vonnis word Vrydag gelewer
Een van die getuies het gister aangevoer dat hy al amper tien jaar lank met sy lewe aangegaan het asof niks gebeur het nie.
Leandrea mouers
Leandrea Mouers – “Ek sal hom nooit kan vergewe nie. Ek weet dit is wat verwag word, maar dit is onmoontlik. Ek kan maar later deur God gestraf word.”

So het Jan-Karel Horn gister in die landdroshof op Swakopmund gesê. Hy is die pa van JC Horn wat in die ongeluk dood is wat Jandre Dippenaar in Desember 2014 veroorsaak het.

“My seun was my beste vriend. Ek en my twee seuns was soos broers. My oudste seun praat nie eens oor wat met sy broer gebeur het nie; hy kom ook nie hof toe nie. My vrou is ’n wrak.

“Voor ons JC gehad het, het my vrou vyf miskrame gehad. Ons moet wel aanvaar dat ons kinders dood is – dit is die werklikheid van die lewe – maar ek kan hom [Dippenaar] nie vergewe nie.

“Hy moet boet.”

Horn en Antonia Joschko was die twee getuies wat die staat geroep het om ter verswaring van Dippenaar se vonnis te getuig.

‘’N LEWENDE HEL’

Dippenaar is skuldig bevind op ses aanklagte van moord, roekelose en nalatige bestuur, asook die bestuur sonder ’n geldige rybewys, met betrekking tot die ongeluk wat die lewens van Dinah Pretorius, Charlene Schoombee, JC Horn en Markus, Stephanie en Alexandra Joschko geëis het.

“My seun, wat destyds vir my gewerk het, het baie tyd op die pad deurgebring. Hy het eendag vir my gesê dat aangesien hy so gereeld op die pad was, hy heel waarskynlik in ’n motorongeluk sou sterf weens die roekeloosheid van ander.

“Sy grootste vrees het waar geword. Hy is lewend in daardie motor verbrand weens die roekeloosheid van ’n ander persoon en daarvoor moet daardie man betaal,” het Horn getuig.

Hy het ook getuig dat hulle as ouers ontneem is van alles wat ’n ouer veronderstel is om saam met hulle kinders te geniet, soos verjaardae en Kersfees.

“Ons lewens was die afgelope nege jaar en agt maande ’n lewende hel.”

Horn het ook gesê dat hy en sy gesin graag die saak wil afhandel.

“Hierdie hofsaak sloer al jare en ons kan dit nie meer hanteer nie. Hy [Dippenaar] moet uit die samelewing verwyder word,” het hy geëis.

FAMILIE VAN HAAR WEGGENEEM

Joschko het ook tydens gister se verrigtinge die getuienisbank ingeneem en getuig dat haar hele familie, elke persoon wat vir haar belangrik was, van haar weggeneem is.

“Ek moes baie vinnig grootword.”

Sy was op die ouderdom van 16, die enigste een buiten vir Dippenaar, wat die ongeluk oorleef het en het gister getuig dat sy steeds terugflitse kry, veral wanneer sy op Namibiese paaie ry.

“Hy het nooit uitgereik om sy medelye aan my te betoon of om verskoning te vra nie. Soveel jare het verbygegaan; hy kon ’n brief gestuur het of om verskoning gevra het toe ons paaie hier by die hof gekruis het. Hy het nooit verantwoordelikheid geneem of berou getoon oor wat hy van my weggeneem het nie.

“Dit was duidelik in die manier waarop sy prokureur my behandel het. Hy het my daarvan beskuldig dat ek tydens kruisondervraging gejok en my pa van misdrywe beskuldig het. Een van sy familielede het my selfs mondelings aangeval en gesê alles is my skuld, terwyl al wat ek gedoen het was om agter in ’n motor te sit.”

Sy het bygevoeg dat Dippenaar al amper tien jaar lank met sy lewe aangegaan het asof niks gebeur het nie.

“Ek hoop om te sien dat hy aanspreeklik gehou word vir wat hy gedoen het en dat hy nie kan wegstap sonder om gestraf te word nie.”

DIPPENAAR Sê JAMMER

Die verdediging het Dippenaar self na die getuiebank geroep, waar hy die Horn-familie om verskoning gevra het en gesê het: “Ek mis JC ook meer as wat jy ooit kon weet.”

Hy het ook vir Joschko om verskoning gevra en gesê hy is werklik jammer oor wat gebeur het.

Die saak is tot vandag uitgestel wanneer die verdediging nog twee getuies sal roep, waarvan een ’n sielkundige, dr. William Aldeman, is.

Mondelingse voorleggings deur die staat en verdediging sal na verwagting Donderdag gelewer word, terwyl landdros Gaynor Poulton na verwagting Vrydag die vonnis sal lewer.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-09-12

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 38° Rundu: 21° | 37° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 20° | 37° Ruacana: 18° | 37° Tsumeb: 23° | 35° Otjiwarongo: 18° | 34° Omaruru: 16° | 35° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 17° | 34° Henties Bay: 11° | 16° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:56, High tide: 04:06, Low Tide: 22:25, High tide: 16:22 Swakopmund: 12° | 15° Wind speed: 31km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:54, High tide: 04:04, Low Tide: 22:23, High tide: 16:20 Walvis Bay: 11° | 20° Wind speed: 35km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:54, High tide: 04:03, Low Tide: 22:23, High tide: 16:19 Rehoboth: 15° | 33° Mariental: 15° | 33° Keetmanshoop: 12° | 30° Aranos: 15° | 34° Lüderitz: 10° | 20° Ariamsvlei: 12° | 28° Oranjemund: 9° | 18° Luanda: 21° | 22° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 35° Mbabane: 18° | 34° Maseru: 12° | 30° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 20° | 31° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 11° | 18° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 20° | 34° Harare: 17° | 31° Currency: GBP to NAD 23.33 | EUR to NAD 19.75 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 17.9 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.29 | EGP to NAD 0.36 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.16 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.28 | USD to AOA 925.9 | USD to BWP 13.36 | USD to EGP 48.38 | USD to KES 128.28 | USD to NGN 1587.42 | USD to ZAR 17.92 | USD to ZMW 26.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1761.3 Down -1.02% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13926.19 Down -0.17% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30485.63 Up +1.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9625.73 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 544.96/OZ UP +1.31% | Copper US$ 4.17/lb UP +0.80% | Zinc US$ 2 857.30/T UP 2.57% | Brent Crude Oil US$ 72.04/BBP UP +1.30% | Platinum US$ 964.98/OZ UP +1.16% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 20° | 38° Rundu: 21° | 37° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 20° | 37° Ruacana: 18° | 37° Tsumeb: 23° | 35° Otjiwarongo: 18° | 34° Omaruru: 16° | 35° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 17° | 34° Henties Bay: 11° | 16° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:56, High tide: 04:06, Low Tide: 22:25, High tide: 16:22 Swakopmund: 12° | 15° Wind speed: 31km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:54, High tide: 04:04, Low Tide: 22:23, High tide: 16:20 Walvis Bay: 11° | 20° Wind speed: 35km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:54, High tide: 04:03, Low Tide: 22:23, High tide: 16:19 Rehoboth: 15° | 33° Mariental: 15° | 33° Keetmanshoop: 12° | 30° Aranos: 15° | 34° Lüderitz: 10° | 20° Ariamsvlei: 12° | 28° Oranjemund: 9° | 18° Luanda: 21° | 22° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 35° Mbabane: 18° | 34° Maseru: 12° | 30° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 20° | 31° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 11° | 18° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 20° | 34° Harare: 17° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.33 | EUR to NAD 19.75 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 17.9 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.29 | EGP to NAD 0.36 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.16 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.28 | USD to AOA 925.9 | USD to BWP 13.36 | USD to EGP 48.38 | USD to KES 128.28 | USD to NGN 1587.42 | USD to ZAR 17.92 | USD to ZMW 26.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1761.3 Down -1.02% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13926.19 Down -0.17% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30485.63 Up +1.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9625.73 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 544.96/OZ UP +1.31% | Copper US$ 4.17/lb UP +0.80% | Zinc US$ 2 857.30/T UP 2.57% | Brent Crude Oil US$ 72.04/BBP UP +1.30% | Platinum US$ 964.98/OZ UP +1.16%