Dippenaar se vonnis uitgestel tot Augustus

Leandrea Mouers
Jandré Dippenaar, wat gister sy lot in die streekhof in Swakopmund sou aanhoor, bly in aanhouding tot 20 Augustus wanneer slotbetoë voor vonnisoplegging gelewer sal word.

Dit volg nadat Dippenaar se prokureur, Petrie Theron, ’n aansoek om uitstel voor landdros Gaynor Poulton gebring het.

Dippenaar het nog ’n regsverteenwoordiger, advokaat Albert Strydom aangestel en versoek om weer deur ’n sielkundige, die keer deur dr. Willem Aldeman, geëvalueer te word.

Die hof het vroeër die objektiwiteit van die vorige sielkundige, dr. Stephanie Badenhorst, bevraagteken. Die kwessie het ontstaan nadat Poulton Dippenaar skuldig bevind het op ses aanklagte van moord, een van roekelose of nalatige bestuur, asook ’n klag van die bestuur sonder ’n geldige rybewys.

Die klagte spruit voort uit 'n ongeluk op 29 Desember 2014, waartydens Dippenaar as die bestuurder van ’n FJ Cruiser trompop met ’n Ford Ranger gebots het waarin die Duitse toeriste Markus Joschko, sy vrou, Stephanie, en hul dogters, Alexandra en Antonia (toe 16 jaar oud) was.

Dippenaar en Antonia was die enigste oorlewendes van die ongeluk.

Poulton het tydens kruisondervraging gesê Badenhorst het “openlik gesimpatiseer” en het in die hof ineengestort. Haar rede was dat sy vir ’n lang tyd siek en sy emosioneel was.

“Sy het ook gesê dat Dippenaar deur ’n neuroloog geëvalueer moet word. Dit het twyfel laat ontstaan oor die objektiwiteit van die getuie,” het Poulton gesê.

Badenhorst moes Dippenaar se geheueverlies evalueer. Volgens sy getuienis het hy beweer hy kon net tot by Myl 28 onthou en dat hy die volgende dag in die hospitaal wakker geword het. Gebaseer op die nuwe inligting wat verlede Donderdag bekend gemaak is, het Theron vir uitstel aansoek gedoen.

“Die verdediging is nie reg om voort te gaan nie, veral ná die ontydige dood van advokaat Louis Botes in Mei wat sedert die begin deel van die saak en span was," aldus Theron.

Volgens hom was dit Dippenaar se keuse om senior verteenwoordiging aan te stel en dit was ook sy [Theron] se raad aan hom. Strydom is gevolglik aangestel.

“Die uitgebreide dokumente van die saak, tesame met die bewysstukke, strek oor byna 6 000 bladsye. Adv. Strydom het aangedui dat hy voorbereid en gewillig is om te help, maar tyd nodig het om al die materiaal te evalueer. Dit is ’n hoogs tegniese kwessie met tegniese bewyse wat senior verteenwoordiging vereis.”

Theron het ook beklemtoon dit is Dippenaar se grondwetlike reg (artikel 12 en artikel 18) om ’n regverdige verhoor te hê en wat die kwessie van vonnisoplegging insluit.

“Adv. Strydom het voorgestel dat drie dae opsy gesit word – een vir die verdediging om getuies te roep, een vir die staat en een vir betoë.”

Die staatsaanklaer, advokaat Henry Muhungo het geargumenteer dat “geregtigheid wat vertraag is, geregtigheid is wat ontneem is. Die kwessie van bewyse is nie in hierdie stadium van die verhoor ’n faktor nie.” Volgens hom was Dippenaar geskok deur die skuldigbevinding wat 20 Junie gelewer is. Gegewe die dood van Botes het Muhungo gevoel die beskuldigde het voldoende tyd gehad om senior regsverteenwoordiging te bekom.

“Die aansoek op die laaste nippertjie kom onopreg voor en is waarskynlik ’n vertragingstaktiek wat die staat in die verleentheid wil stel en tyd wil mors. Dit moet van die hand gewys word,” het Muhungo gesê.

Theron het egter gesê om die versoek te weier, sal inbreuk maak op Dippenaar se grondwetlike regte.

“Die hof bevind homself in ’n 50-50-situasie, omdat die verdediging se regsverteenwoordiging [Theron] van die begin deel van die saak was. Artikel 12 waarborg die reg tot ’n regverdige verhoor, insluitend vonnisoplegging," het Poulton gesê.

Theron het toe ’n formele borgtogaansoek gebring, met Poulton wat nie ten gunste van ’n aparte borgtogaansoek was nie.

Die staat se verweer was dat “niks tussen Donderdag en vandag (Dinsdag) verander het nie” toe Dippenaar skuldig bevind en sy borgtog teruggetrek is. Hy is skuldig bevind en nog nie gevonnis nie, so borgtog hangend ’n appèl is nie hier van toepassing nie.”

Poulton wou by die staatsaanklaer weet of die beskuldigde ’n reg tot ’n borgtogaansoek het en waarop Muhungo geantwoord het “nie in hierdie stadium nie”.

Poulton het hiermee saamgestem en gesê “die hof kan nie ’n borgtogaansoek oorweeg nie. Die saak word tot 20 tot 22 Augustus vir verteenwoordiging uitgestel en die beskuldigde bly in aanhouding.”

Antonia wat ook verlede week se skuldigbevinding van Dippenaar bygewoon het, het haar vlug tot vandag uitgestel om in die slotbetoë voor vonnisoplegging te getuig.

“Dit is frustrerend. Dit is dieselfde met die siviele saak in die hoërhof. Ons het nog nie eens met die verklarings van getuies begin nie. Hulle gebruik dieselfde vertragingstegnieke,” het Joschko gesê.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-09-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Rugby Championship: Springboks 48 vs 7 Argentina | New Zealand 33 vs 13 Australia Premier League: Wolves 1 vs 2 Liverpool | Nottingham Forest 0 vs 1 Fulham | Everton 2 vs 1 Crystal Palace | Chelsea 4 vs 2 Brighton | Brentford 1 vs 1 West Ham | Arsenal 4 vs 2 Leicester City | Newcastle 1 vs 1 Manchester City LaLiga: Real Sociedad 3 vs 0 Valencia | Rayo Vallecano 1 vs 1 Leganés | Getafe 2 vs 0 Deportivo Alaves | Real Valladolid 1 vs 2 Mallorca | Celta Vigo 0 vs 1 Atletico Madrid | Espanyol 1 vs 2 Villarreal | Las Palmas 1 vs 1 Real Betis | Barcelona 1 vs 0 Getafe | Girona 0 vs 0 Rayo Vallecano SerieA: Genoa 0 vs 3 Juventus | Udinese 2 vs 3 Inter Milan | AC Milan 3 vs 0 Lecce European Championships Qualifying: Watford 2 vs 1 Sunderland | Portsmouth 0 vs 0 Sheffield United | Oxford United 0 vs 0 Burnley | Millwall FC 3 vs 1 Preston North End | Middlesbrough 2 vs 0 Stoke City | Leeds United 3 vs 0 Coventry City | Hull City 4 vs 1 Cardiff City | Sheffield Wednesday 3 vs 2 West Bromwich Albion | Derby County 2 vs 3 Norwich City | Blackburn Rovers 2 vs 0 Queens Park Rangers | Plymouth Argyle 3 vs 1 Luton Town English Championship: Watford 2 vs 1 Sunderland | Portsmouth 0 vs 0 Sheffield United | Oxford United 0 vs 0 Burnley | Millwall FC 3 vs 1 Preston North End | Middlesbrough 2 vs 0 Stoke City | Leeds United 3 vs 0 Coventry City | Hull City 4 vs 1 Cardiff City | Sheffield Wednesday 3 vs 2 West Bromwich Albion | Derby County 2 vs 3 Norwich City | Blackburn Rovers 2 vs 0 Queens Park Rangers | Plymouth Argyle 3 vs 1 Luton Town #N/A Currency: GBP to NAD 22.84 | EUR to NAD 19.09 | CNY to NAD 2.44 | USD to NAD 17.11 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.26 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.64 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.14 | RUB to NAD 0.18 | INR to NAD 0.2 | USD to DZD 131.76 | USD to AOA 940.1 | USD to BWP 13.08 | USD to EGP 48.31 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1666.22 | USD to ZAR 17.1 | USD to ZMW 26.37 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1920.41 Up +0.02% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14449.05 Up +0.55% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31276.91 Up +0.08% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9653.37 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 658.55/OZ DOWN -0.0053 | Copper US$ 4.56/lb DOWN -0.0111 | Zinc US$ 3 089.80/T DOWN -0.37% | Brent Crude Oil US$ 72.65/BBP UP +1.49% | Platinum US$ 1 001.11/OZ DOWN -0.0062 #N/A