Dippenaar: Skuldig of onskuldig?

Uitspraak word vandag gelewer
Die man agter die stuur van die JF Cruiser wat na bewering die ongeluk veroorsaak het waarin ses mense dood is, sal na verwagting vandag sy lot hoor.
Kristien Kruger
Byna tien jaar ná die noodlottige ongeluk naby Hentiesbaai waarin ses mense hul lewens verloor het, sal uitspraak gelewer word in die saak teen Jandré Dippenaar.

Landdros Gaynor Poulton sal na verwagting vanoggend haar uitspraak in die landdroshof op Swakopmund lewer.

Dippenaar staan tereg op ses aanklagte van moord, asook ’n klag van roekelose bestuur en die bestuur van ’n voertuig sonder ’n geldige rybewys.

Hoewel die verhoor reeds in 2015 begin het, het die staat eers verlede jaar hul saak gesluit en het Dippenaar se regspan die geleentheid gekry om hul saak te stel.

Tydens die verhoor het Dippenaar aangevoer dat hy niks van die ongeluk, wat op 29 Desember 2014 gebeur het, kan onthou nie.

“Ons het Hentiesbaai toe gery, en toe gebeur die ongeluk. Die volgende wat ek kan onthou was toe ek in ’n hospitaalbed was,” het Dippenaar aan die hof gesê en bygevoeg dat sy dokters meen sy geheueverlies is deur trauma en ’n kopbesering veroorsaak.

GLO NIE DRONK NIE

Hy het ook ontken dat hy ten tyde van die ongeluk onder die invloed van alkohol was.

Hy het wel erken dat hy vroeër daardie dag ’n bietjie vodka en Coke gedrink het, maar hy het glo nie eens daardie drankie klaargemaak nie en het verder glo net Coke Zero gedrink.

Met meer as 20 jaar se bestuurservaring, en met dié dat hy ook ’n tydrenkampioen is, het Dippenaar volgehou dat hy ’n verantwoordelike en ervare bestuurder was.

VERSKILLENDE WEERGAWES

Dippenaar se regspan het ook ’n deskundige getuie geroep wat die weergawe van gebeure wat deur die staat se deskundige aangebied is, weerspreek het.

Stanley Bezuidenhoudt, ’n forensiese padongelukspesialis, het gesê die staat se deskundige getuie, Johan Joubert, se ontleding van die ongelukstoneel is glo nie wetenskaplik korrek nie.

Hy het aangevoer Joubert se wetenskaplike metode vir die ontleding verkeerd was en het verder daarop gewys dat Joubert eers sewe dae ná die ongeluk die toneel besoek het.

Volgens Bezuidenhoudt se ontleding is die staat se berekening van die spoed van beide voertuie en die bane waarin hulle voor die ongeluk gery het, onbetroubaar. Hy het beweer dat die spoed waarteen die voertuie gery het nie so vinnig was soos wat die staat beweer het nie.

Hy het verder aangevoer dat Dippenaar, wat ’n FJ Cruiser bestuur het, volgens sy ontleding aan die linkerkant van die pad gery het en nie aan die verkeerde kant soos die staat beweer nie.

Bezuidenhoudt het verder die tyd en plek van die ongeluk soos deur getuies weergegee, bevraagteken en aangevoer dat dit teenstrydig is met die fisieke bewysstukke.

SES LEWENS GEËIS

Dippenaar was op dié noodlottige dag aan die stuur van sy FJ Cruiser met drie ander insittendes, Dinah Pretorius, Charlene Schoombe en Jan-Carel Horn.

Hulle was in ’n trompop botsing betrokke met die Ford Ranger waarin die Duitse toeriste, Markus Joschko en sy vrou, Stephanie, en hul dogters Alexandra en Antonia gereis het.

Dippenaar en Antonia (destyds 16 jaar oud) is die enigste oorlewendes. Die ongeluk het omstreeks 17:00 op ’n blinde hoogte sowat 12 km vanaf Hentiesbaai gebeur.

JAMMER

Tydens sy getuienis was Dippenaar baie emosioneel en het Joschko en die ouers van die Namibiese slagoffers om verskoning gevra.

Volgens sy getuienis wou hy talle kere ook persoonlik om verskoning vra, maar óf die ouers wou nie met hom praat nie, óf Joschko was ’n staatsgetuie en hy mag nie met haar gepraat het nie.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-09-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Rugby Championship: New Zealand 33 vs 13 Australia LaLiga: Real Valladolid 1 vs 2 Mallorca | Celta Vigo 0 vs 1 Atletico Madrid | Espanyol 1 vs 2 Villarreal | Las Palmas 1 vs 1 Real Betis | Barcelona 1 vs 0 Getafe | Girona 0 vs 0 Rayo Vallecano SerieA: AC Milan 3 vs 0 Lecce European Championships Qualifying: Plymouth Argyle 3 vs 1 Luton Town English Championship: Plymouth Argyle 3 vs 1 Luton Town #N/A Currency: GBP to NAD 22.84 | EUR to NAD 19.09 | CNY to NAD 2.44 | USD to NAD 17.11 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.26 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.64 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.14 | RUB to NAD 0.18 | INR to NAD 0.2 | USD to DZD 131.76 | USD to AOA 940.1 | USD to BWP 13.08 | USD to EGP 48.31 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1666.22 | USD to ZAR 17.1 | USD to ZMW 26.37 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1920.41 Up +0.02% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14449.05 Up +0.55% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31276.91 Up +0.08% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9653.37 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 658.55/OZ DOWN -0.0053 | Copper US$ 4.56/lb DOWN -0.0111 | Zinc US$ 3 089.80/T DOWN -0.37% | Brent Crude Oil US$ 72.65/BBP UP +1.49% | Platinum US$ 1 001.11/OZ DOWN -0.0062 #N/A