Dippenaar terug in hof vir siviele hofeis
Die hofsaak waarin Antonia Joschko meer as N$14 miljoen van die veroordeelde moordenaar Jandre Dippenaar eis, is gister aangehoor.
Partye het voor regter Shafimana Ueitele in die hoërhof in Windhoek verskyn om die status van die saak vas te stel.
Die verhoor was geskeduleer om op 5 Maart te begin met Joschko wat die getuiebank sou inneem. Dit is egter onduidelik of die verhoor wel volgende week sal begin met inagneming van onlangse verwikkelinge soos Dippenaar se sekwestrasie en die onttrekking van sy regsverteenwoordiger.
Joschko en Dippenaar is die enigste oorlewendes van ’n gru-ongeluk in Desember 2014 wat Dippenaar veroorsaak het. Ses mense is in die ongeluk dood. Joschko is die enigste oorlewende in die voertuig waarin sy saam met haar pa, Markus Joschko (48), haar ma, Stephanie Schermuck-Joschko (49) en suster, Alexandra Joschko (19), gereis het.
SKADEVERGOEDING
Sy het reeds in 2017 die siviele saak teen Dippenaar aanhangig gemaak, waarin sy 714 991 euro (sowat N$13,7 miljoen) en ’n bykomende N$500 000 in skadevergoeding eis.
Sedert sy die saak aanhangig gemaak het, is Dippenaar skuldig bevind op ses aanklagte van moord en hy is in Augustus in die streekhof in Swakopmund tot 15 jaar tronkstraf gevonnis. Hy appelleer egter nou teen sy vonnis en skuldigbevinding.
Dippenaar is ook intussen gesekwestreer met sy laste wat sy bates met net meer as N$328 500 oorskry.
Boonop is hy ook sy regverteenwoordiger kwyt. PD Theron & Associates het op 12 Februarie hul kennisgewing van onttrekking by die hof ingedien.
“In die omstandighede en as gevolg van die sekwestrasie en die afwesigheid van ’n finansiële verbintenis aan die kant van die verweerder [Dippenaar], het sy regspraktisyns geen ander keuse gehad as om te onttrek nie,” lui ’n verslag wat by die hof ingedien is.
HOFKLERK SAL GETUIG
Luidens die hofstukke is ’n klerk van die landdroshof in Swakopmund gedagvaar om vanaf 5 tot 20 Maart in die hoërhof in Windhoek te getuig.
Sandra Shikongo sal namens Joschko getuig en die hof het haar versoek om ’n afskrif van die polisiedossier in die strafsaak teen Dippenaar saam hof toe te bring. Sy moet ook ’n gesertifiseerde afskrif van die transkripsie van die strafregtelike verhoorverrigtinge saambring.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie